Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
25 Julie 2023

Chris Vorster

Chris Vorster in gesprek met Elmarie Claassens.

Chris Vorster – bekend as onder andere Ryno Lategan van 7e Laan-faam – is sedert 1995 ‘n skrywer en regisseur vir en akteur op verhoog en televisie. Hy het al ongeveer 55 verhoogproduksies geskryf, asook die regie van baie daarvan gedoen. Hy is tans ‘n dosent in film en televisie aan die Universiteit van die Vrystaat.

Chris gesels in hierdie aflewering oor sy grootwordjare, hoe hy vloekwoorde in karakterbybels gebruik, asook oor hoe om die fyn balans te handhaaf tussen aanstoot gee en paai in skryfwerk en regie.

[Elmarie Claassens is ‘n kliniese sielkundige in ‘n privaat praktyk.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Podsending
| Wat de Vloekwoord?! | Chris Vorster

Waaroor gaan Wat de Vloekwoord?!

Wat de Vloekwoord?! ondersoek die rol van vloekwoorde en taboe-onderwerpe in die vermaaklikheidswêreld en media. Met insigte van bekroonde skrywers, regisseurs, akteurs en meer, delf ons dieper in sensuur, kulturele norme, en hoe vloek ons taal vorm.

Oor die Navorsingsprojek

Hierdie reeks is deel van ’n baanbrekende navorsingsprojek oor vloek in Afrikaans en verwante tale.

Ons vra vrae soos: Wat is die funksie van vloek? en Hoe beïnvloed dit ons taal, kultuur, en media?

Besoek vloek.co.za vir meer inligting.