Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
24 Julie 2023

Amanda Strydom

Amanda Strydom in gesprek met Elmarie Claassens.

Amanda Strydom is een van Afrikaans se bekendste sangers, addisioneel tot haar bekendheid as kabaretster, skywer, radio-omroeper, akteur en TV-ster. Sy begin haar loopbaan as akteur, maar vestig haar ook as liriekskrywer en sanger in 1979 met die reusetreffer “Ek loop die pad”. Sy verower gehore met haar vlymskerp vertelstyl en enorme stem op nasionale en internasionale verhoë.

Amanda gesels in hierdie episode oor haar grootwordjare en haar eerste vloekwoord. Die gesprek maak draaie by vloek op die verhoog, die kuns van storievertelling en wat repek vir ‘n gehoor vir haar beteken. Sy gesels openlik oor uitdagings en taboes wat sy oorkom het gedurende haar loopbaan – van die Amandla-insident in 1986, tot al die taboes rondom haar psigiatriese diagnose.

[Elmarie Claassens is ‘n kliniese sielkundige in ‘n privaat praktyk.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie

Podsending
| Wat de Vloekwoord?! | Amanda Strydom

Waaroor gaan Wat de Vloekwoord?!

Wat de Vloekwoord?! ondersoek die rol van vloekwoorde en taboe-onderwerpe in die vermaaklikheidswêreld en media. Met insigte van bekroonde skrywers, regisseurs, akteurs en meer, delf ons dieper in sensuur, kulturele norme, en hoe vloek ons taal vorm.

Oor die Navorsingsprojek

Hierdie reeks is deel van ’n baanbrekende navorsingsprojek oor vloek in Afrikaans en verwante tale.

Ons vra vrae soos: Wat is die funksie van vloek? en Hoe beïnvloed dit ons taal, kultuur, en media?

Besoek vloek.co.za vir meer inligting.