Neil Sandilands

Neil Sandilands - IMDbNeil Sandilands in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

 

Neil Sandilands is sonder twyfel een van die bekendste Suid-Afrikaanse Hollywoodsterre, met rolle in onder andere ‘n Tom Hanks-film, ‘n Robert Downey Jr.-produksie en met hoofrolle in die reekse The 100 en The Flash. Plaaslik is hy ook bekend as onder andere Bart in 7e Laan en Zatopek van Heerden in Orion. Hy is ook al deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns as regisseur bekroon. In 2020 het hy die treffer Die ballade van Frik & Dot, oftewel, “Goue Graal” bekendgestel.

Neil praat in hierdie aflewering oor die lewe in Hollywood en veral die kanselleerkultuur in Amerika – ‘n moderne vorm van sensuur. Hy besin ook oor (self)sensuur op sosiale media, soos bv. YouTube. In die video van Die ballade van Frik & Dot, oftewel “Goue Graal” is daar ‘n paar vloekwoorde, en Neil vertel hoe hulle die radioweergawe van dié lied aangepak het.

Gerhard B van Huyssteen is ‘n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers, watkykjy.co.za of Afrikaans.Radio nie.

Tuis | Podsendings | Wat de vloekwoord?! | Neil Sandilands

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio