Leon van Nierop

Proust met Leon van Nierop | Netwerk24Leon van Nierop in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

 

Leon van Nierop is sinoniem met die Afrikaanse filmbedryf – nie net as bekende en gerespekteerde filmkritikus nie, maar ook as akademikus, navorser, draaiboekskrywer, vervaardiger, regisseur en akteur. Of is hy eintlik sinoniem met die radiowese? Of as skrywer? Leon se spore lê diep in groot dele van die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld.

Leon gesels in hierdie aflewering oor die geskiedenis van vloek in die Afrikaanse filmwese – van die eerste film waarvan hy weet waarin met opset gevloek is, tot van die jongste films. Hy praat ook uitvoerig oor die ouderdomsbeperking van 16TG op die film ‘Ballade vir ‘n Enkeling‘ en hoe dié ouderdomsbeperking kykerstalle beïnvloed het. Deurentyd word ook aandag gegee aan die rol en funksie van vloek in verskillende genres.

Gerhard B van Huyssteen is ‘n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers, watkykjy.co.za of Afrikaans.Radio nie.

Tuis | Podsendings | Wat de vloekwoord?! | Leon van Nierop 

Deel hier: