Beer Adriaanse

Beer Adriaanse: Age, Wiki, BioBeer Adriaanse in gesprek met Elmarie Claassens.
 

Beer Adriaanse het onder andere bekendheid verwerf as akteur in Wonderlus, Kanarie, Fynskrif en Boer soek ‘n ou. Hy is ‘n veelsydige akteur, regisseur, skrywer en musikant.

Beer gesels in hierdie episode oor omgekeerde rebellie, asook oor die fyn lyn in skryf tussen pittigheid, snaaksheid en vulgariteit. Die gesprek verken verder ook temas oor desensitering, kwesbaarheid en volle (manlike) naaktheid op die silwerskerm.

Elmarie Claassens is ‘n kliniese sielkundige in ‘n privaat praktyk.

 

 

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers, watkykjy.co.za of Afrikaans.Radio nie.

Tuis | Podsendings | Wat de vloekwoord?! | Beer Adriaanse

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio