Vier saam met Afrikaans.Radio en Siel ‘n naweek wat jou weer lewendig laat voel, waarin ons vrede en gelykmatigheid nastreef in meditasies en vooraf-inleidings. Of jy nou al lankal mediteer of hierdie naweek vir die eerste keer probeer, welkom! Ons nooi jou om die huidige oomblik te vier en die kalmte binne jou te ontdek.
Om meer sin te gee aan jou meditasies, is dit slim om ‘n meditasiejoernaal aan te skaf. Hou dit by jou, saam met ‘n pen of ‘n stel inkleurpotlode en mymer met jou aantekeninge, prentjies, lyne in kleur, vorms of net enkele woorde oor jou ervaring gedurende die meditasiesessie.
“geseënde paasfees! die dag waarop christus uit die dood opgestaan het.
maar min christene weet hoe hierdie dag, wat elke jaar op n ander dag val, bepaal word.
paassondag val elke jaar op n ander dag, omdat dit nie volgens die kalender vastgestel word nie, maar deur die son en maan se bane. paassondag val op die eerste sondag na die eerste vol maan na die lentenagewening (die lentenagewening is die dag waarop die son presies bo die ewenaar skyn (ongeveer 21 maart) op pad van sy hoogsomer posisie bo die steenbokskeerkring in die suidelike halfrond (ongeveer 21 desember) na sy hoogsomer posisie bo die kreefskeerkring in die noordelike halfrond (ongeveer 21 junie).
ek het dit die lentenagewening genoem, omdat die datum en formule van berekening tydens die eerste konsilie van nicea in die jaar 325 bepaal is, in die noordelike halfrond, waar die christendom ontstaan het. maar vir ons hier in die suidelike halfrond, is dit eintlik die herfsnagewening. volgens die bybel het jesus op die eerste dag van die week (sondag, omdat saterdag vir die jode die laaste dag is) opgestaan, drie dae nadat hy gesterf het (dus, vrydag, goeie vrydag). as gevolg van die variërende verhouding tussen die son en maan se bane, is paassondag n vakansiedag wat wyd oor ons kalender swerf. in 2008 was dit 23 maart en in 2011 24 april.
en daar het jy dit, nou weet jy ook hoe paassondag bepaal word!”