Ek is – Outentiek Ek

Hierdie is ‘n meditasie om die pad te stap terug na jou outentieke self. Ons gaan dieper kyk na sensasies en behoeftes in jou hart, kyk of ons jou hartsbegeertes kan ontdek. As mense is ons mees kragtige emosie, liefde. Alle ander emosies soos geluk, hartseer, jaloesie is net komponente van liefde, verdraaiings van liefde.

So enige pyn wat jy voel, is komponente, vertakkings van liefde. Pyn en verlies, en hoe ons dit hanteer, kan deur gereelde meditasie draaglik gemaak word. As jy minder pyn wil voel, mediteer meer dikwels. Volgens nuwe navorsing kan gereelde meditasie die emosionele reaksie op pyn werklik uitvee. Fisieke pyn sowel as geestelike pyn.

Tuis | Podsendings | siel | Ek Is – Outentiek Ek

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio