Mel is ‘n inhoudskepper, komediant, skrywer en aktrise. Ons gesels oor haar aanslag tot stories, haar eenvrouvertoning waarmee sy tans besig is en hoe sy kritiek hanteer wanneer mense jou uit die bloute aanvat op sosiale media. Lees meer hier.
Ek en Johan Fourie gesels oor sy nuwe boek “Skatryk” wat handel oor hoekom ons beter as ons voorsate lewe. Jy kan Johan se boek nou aanlyn bestel of in enige goeie boekwinkel koop. Dit is ‘n ongelooflike interessante lees oor die geskiedenis en waarom dit soveel beter gaan in die wêreld vandag, al voel dit soms nie so nie. Lees meer hier.
Glen Biderman-Pam is ‘n akteur, komediant en regisseur. Hy is bekend vir sy rol as Rael Rosen in die Suid-Afrikaanse treffer – Tali’s Diary en vir sy virale herverbeelding van “My Octopus Teacher” as “My Kreepy Teacher”. Glen se komiese talente is te sien in alles wat hy doen; of dit nou op die verhoog is as akteur of strokiesprent, of as die helfte van die uiters suksesvolle agentskap: Panther Punch. Sy liefde vir tale stem baie ooreen met sy liefde vir sy alma mater -Bishops. Lees meer hier.
Mienke Ehlers is ‘n aktriese en stilis. Mienke is die definisie van ‘n “go getter”- sy pak alles met passie en selfvertoue aan. Haar liefde vir storievertelling is te siene in haar verskeie karakters – soos Dalena in “Die Dinge van ‘n Kind” en haar eie sosiale media projek – “Minuut Monoloe”. Al is sy ‘n stilis vir die sterre, gee sy ook raad oor klere in haar gewilde “Outfit Angs” segmente op haar Instagram en TikTok. Lees meer hier.
Regardt Visser is ‘n kunstenaar, regisseur, skrywer en skaatsplank liefhebber van Veldrif wat homself tans in Johannesburg bevind waar hy woeker met sy stories, musiek en videos wat hy maak. Hy is nie net een van my goeie vriende nie maar ook ‘n skrywer en regisseur wat nog diep spore gaan stap in die vermaak bedryf. Lees meer hier.
Wynand Kotze verstaan wat dit is om die “underdog” in die lewe te wees en dit is wat ek dink in my opinie hom so goed maak in wat hy doen. Met jou rug teen die muur kan ‘n mens net vorentoe gaan en Wynand is besig om, met die stories wat hy vertel en karakters wat hy vertol, Afrikaners en ons taal vorentoe te vat. Jy kan hom gerus op sosiale media gaan volg onder @Wynvirdiepynnnnn. Lees meer hier.
Ruan Wessels se storie is uniek. Hy is al amper 20 jaar ‘n akteur maar hy is nou maar eers 25 jaar oud. Min mense se storie voor die kamera het al op 8 jarige ouderdom begin. Ruan deel sy unieke storie met ons rondom sy liefde vir toneenspeel, lees en die lekkerste van alles, skaatsplank ry. Lees meer hier.
Die term “intimacy coordinating” is iets waarvan ek niks geweet het nie, maar dankie aan mense soos Maude Sandham wat kom gesels het op die podcast kon ons nou duidelikheid kry oor wat hierdie term en beroep behels. Maude is ‘n storieverteller, aktrise en regisseur wat nog diep spore gaan trap in die vermaaklandskap van die wêreld. Lees meer hier.
Charlie Bouguenon is een van ons land se voorste akteurs, wat al van films, teater tot TV, van die mees unieke karakters lewe gegee. Hy is een van daai mense wat nie bang is vir harde werk as dit kom by die kunste nie en hy het keer op keer al bewys dat soms is jy die beste jy, wanneer niemand anders in jou glo nie en jou rug teen die muur is. Lees meer hier.
Roberto Pombo is een van ons land se voorste teatermakers. Van sy wye verskeidenheid komiese karakters tot sy diep emosionele tonele op die verhoog, Roberto is beslis een van Suid Afrika se kunstenaars wat nog diep spore gaan loop in die vermaakbedryf. Ons gesels oor sy tyd in Italië, improvisasieklasse, sy eerste rol in ‘n sepie asook waarmee hulle tans besig is by die Mark Teater in Johannesburg. Lees meer hier.
Bouwer Bosch gesels met David Viviers op Narratief met Bouwer Bosch. Lees meer hier.
Ruhan Fourie kom kuier vir die derde keer en soos altyd raak die gesprek elke tweede onderwerpe onder die son aan. Ons gesels soos gewoonlik oor moeilike konsepte rondom die verlede, die toestand van die land tans, Orania, Tinder, Koer, Christen dating apps en Afrikaners en kernkrag. Lees meer hier.
Pietie Beyers kom kuier vir ‘n tweede keer op die show en die keer delf ons bietjie dieper in die geskiedenis as gewoonlik. Ons gesels oor Suid Afrika, die kunste, jaloesie en die egte huisvroue van Pretoria. Lees meer hier.
Die eerste episode van 2023 skop af met ‘n baie lekker gesprek met die veelsydige aktrise en verevaardiger Laura-Lee Mostert. Ons het gesels oor haar grootword jare in Ottosdal, haar studentejare by UCT en nou waar sy maar soos ons almal maar net hustle in die kunste. Lees meer hier.
Bly op datum. Teken vandag in!