Nagê Here – 26 Junie 2023

Goeie Naand,

Ekself het nog nooit onder ‘n vyeboom gesit nie en dink nie. Mens se gedagtes en omstandighede het baie keer ‘n velammende effek op jouself en eie motivering. In Johannes 1, die laaste gedeelte van die hoofstuk, lees ons van die roeping van die apostels, hoofstuk 2 begin met die bruilof in Kana. Jesus het Fillippus gesien en net gesê “Volg my.”

Met die saamloop na Galilea, Kana ontmoet Fillippus vir Nataneal en opgewonde sê hy vir hom “Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret.” Nataneal, opreg in geloof volgens die Joodse tradisie, antwoord droog met ‘n teenvraag “Kan daar uit Násaret iets goeds wees?” Die mens se nuuskierigheid of hoop kan nogals die oorhand kry, dalk moet ons eerder sê God roep mens uit ‘n ander wêreld na ‘n besonderse doel. Nataneal was so oorrompel.

Toe Jesus vir Nataneal sien aankom sê Hy “Hier is waarlik ‘n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.” Soos Nataneal geantwoord het sou jy dalk ook, want hoe ken iemand jou wat jy die eerste keer ontmoet. Jy weet self hoe draai en dartel stories rond oor mense en hulle doen of late. Maar Jesus ken hom, het God dan nie elkeen wat Hy roep en liefhet se naam in Sy Handpalm geskryf nie. Jesus het die naam en persoon Nataneal geken en bevestig dat Hy hom onder die vyeboom sien sit het.
Het jy al so ‘n ontmoeting met Die Here HERE gehad, Hy wat vir jou ook sal sê “Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.”

Die Here wil saam met jou ook die groter dinge laat sien wat Hy in Sy Almag vir jou voorberei het. Hy ken jou, Hy roep jou en Hy stuur jou, die mooiste en grootste dinge wat jy aan kan dink, begin met Sy Liefde vir jou. Hy sien jou raak onder jou spreekwoordelike vyeboom en weet waartoe jy in staat is, die wêreld is jou saailand met sade van liefde.

Lekker slaap

AMEN

Tuis | Podsendings | Nagsê Here | NH – 26 Junie 2023

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio