Nagê Here – 23 Junie 2023

Goeie Naand,

Elkeen van ons word getoets op baie maniere in die lewe. Miskien voel jy ook vanaand dat jy met vrae sit, vrae wat jy moet beantwoord, dis asof jou lewensreis ‘n eksamen is. Dan gaan jy na Die Here toe, asof Hy deel is van jou krip notas, of dalk dat Hy die vraag vir jou moet verklaar of verduidelik.

Jy wil sê “Laat U wil geskied” want jy weet as jy 90% kry, het jy 10% nie geken of geleer nie. Dit is nie Die Here se eksamen nie maar joune, Hy het jou vraestel saamgestel. Jou eksamen vraag is jou lewensreis, wanneer jy terugkyk op jou lewensreis besef jy elke tree gegee, elke struikelblok oorkom het jy iets geleer. Tog het jy telkemale weer dieselfde fout gemaak, soos om vir iemand kwaad te word, ander seer te maak, jou geleiefdes teleurgestel getwyfel dalk. Die tyd wat jy het is Nou en Hier.

Die vraag is wat maak jy met jou lewe? Jy ken die antwoord maar jy is te bang om te antwoord, wetend dat jy nie 100% gaan kry nie. Hierdie antwoord kry ons in Deuteronomium 6 “Hoor, Israel, die Here onse God is ‘n enige Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.” Jou pen raak die papier maar jy huiwer om te skryf, jou mond is droog, jy weet dat jy dat jy nie gaan slaag nie.

Jy weet in jou binneste wat jou antwoord met jou eie lewensreis is, jou vraestel sal deur Die Here gemerk word, Hy weet wat die regte en ware antwoord is vir elkeen se vraag. Kan jy dink as jy jou gemerkte vraestel ontvang en jou rapport wys 100%, sou jy dink dis moontlik, sal jy Hom vra hoe kan dit moontlik wees? Wel, dit is moontlik, want geloof in Hom het jou geleer, dit wat kortkom het Hy uit Sy genade vir jou geantwoord.

Al wat jy kan sê is “Dankie”, met jou hier en nou bewys dit ook met liefde en omgee vir Hom en die wat saam met jou op jou lewensreis is, leef Sy Meesterplan met jou, dan sal jy slaag. Die Here stap saam met jou, kniel saam jou en help jou met jou eksamen omdat Hy, deur Sy Liefde vir jou, wil hê jy moet met deurkom, na Hom toe kom.

Op dit kan ons net sê;

AMEN

Nagsê Here.

Tuis | Podsendings | Nagsê Here | NH – 23 Junie 2023

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio