Nagê Here – 22 Junie 2023

Goeie Naand,

Het jy al gewonder waarom jy is, waar jy is? Hoeveel van ons mense het nie kinders of familie oorsee nie, in ‘n ver vreemde land, hoeveel van hulle verlang nie terug nie. Elkeen se wens is “As dit maar anders kon”.

Tog pas ons almal aan, soos met die omgewing, die klimaat, tye, kulture, vriende, humor, leefwyse en reëls. Niks verander waar jy jouself, nou bevind nie. Net jy kan jou emosies, verlange en wense verwoord. Waar jy nou is, is waar jy jouself bevind, niemand kan dit verander nie. Woorde van “Vaderland” en “Moeder aarde” of “Moedertaal” en “Familie” voel dalk vir jou soos ‘n sug in die wind. Moet seblief nie dink dat jy jouself in ‘n tronk bevind nie.

In Matheus 10 stuur Jesus 12 apostels uit na die Wêreld daarbuite. Dan sê Hy “Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.” Jy word ook deur Jesus geroep om waar jy, jou bevind jou oomblik gebruik om aan Hom as Here en Verlosser dank te betuig. Wanneer jy die antwoord soek op waarom jy is, waar jy is dan hoor ons weer sy woorde dat Hy jou gestuur het, maak daarom die verskil waar jy is, want Hy sê in vers 26 “Moet dus nie vir mense bang wees nie. Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie. Wat Ek vir julle in die donker sê, moet julle in die daglig sê, en wat in julle oor gefluister word, moet julle van die dakke af uitbasuin.”

Daar is een taal wat regoor die skepping verstaan word en dis die taal van liefde, jy sê dit met jou oë, jou glimlag, jou houding, jou aanvaarding met woord en daad.
Dit is die antwoord wat jou Skepper jou gee “Moenie vra waar jy is nie maar waarom jy is, waar jy is”.

Leef en spreek Sy liefde wat in jou oor gefluister word en verkondig dit van dakke af.
Dit kos een oproep, een wat sê “Lief vir jou, mis vir jou”.

AMEN

Nagsê Here.

Tuis | Podsendings | Nagsê Here | NH – 22 Junie 2023

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio