Nagê Here – 2 Junie 2023

 
Goeie naand,
 
Het jy al gedink aan iemand in die ver verlede van jou lewe? Die naam van die persoon het jy vergeet. Wat die persoon gesê het kan jy nie onthou nie. Al wat jy kan onthou is hoe die persoon jou laat voel het.
 
Hierdie persoon kan enige iemand wees, ‘n Laerskool liefde, onderwyser, vriend of wie ookal.
Die gevoel wat jy onthou is dalk iets van seerkry, vernedering, woede maar dit kan ook ‘n gevoel van teerheid, verlange, ‘n wens vir weersien wees.
 
Dit het jou lewe gevorm, jy onthou dit, dink aan die mooi dinge en voel die verskil wat dit nou aan jou doen.
Daardie eerste liefdes briefie geskryf, die opgewondenheid van jou eerste besoek of afspraak of sal ons maar die woordjie ‘date’ gebruik, die afwagting van toenadering, die eerste wen wedstryd. Die gevoel sal jy nooit vergeet nie, tog het jy ander vriende gemaak en as gesin weer ander. Met elke omstandigheid word nuwe gevoelens geskep en jy besef dat jy steeds gevorm word en nie alleen is nie.
 
Job sê vir sy vriende in hoofstuk 6 “Self is ek tot niks in staat nie. Ek weet nie meer raad nie. Wie medelye met ‘n vriend beskou as ‘n las, het die eerbied vir die Almagtige verwerp.
 
Jy het ‘n Vriend in Jesus, jou lewe lank wat deur Sy Goddelike Vrienskap jou losgekoop het sodat jy nooit sal dink dat Die Almagtige jou verwerp nie. Hy het medelye getoon, Hy sal met jou wees vir die res van jou lewe, dis mos ‘n warm lekker gevoel, jy is nooit alleen nie.
 
Onthou daarom dat alles wat jy sê of doen by ander ‘n gevoel skep, soos hulle met jou doen, mag dit spreek van liefde.
 
Mag jy met ‘n lekker gevoel vanaand jou nagrus tevrede ingaan want Die Here is by jou.
 
AMEN, Nagsê Here.
Tuis | Podsendings | Nagsê Here | NH – 2 Junie 2023

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio