Nagê Here – 18 Junie 2023

 

Goeie Naand,

Hoe bittersoet is die lewe nie Hoe bitterlekker die ervarings nie? Twee teenoorgesteldes maar so verduidelikend want bitter is nie soet nie en bitter ook nie lekker nie.

Maar ons praat van een saak en dit is jou lewe. Jy het beide die teenoorgesteldes al ervaar in jou lewe. Ons verslaaf ons baie keer aan die dinge en gebeure in die lewe en met ons lewe dat ons oorbluf en woordeloos staan wanneer dinge net eenvoudig anders gebeur as wat ons verwag het.

Elkeen wat lewe vandag het ‘n biologiese vader, dinge het verander, verskeie kere het jy dalk ‘n betugtiging verwag en dan ‘n verstaan ervaar, woede en toe ‘n sagte antwoord gekry, dalk ook die teenoorgestelde.
In jou lewe, jou geloofslewe is dit ook so, maar oor die Liefde van jou Vader in Die Hemel hoef jy nooit te twyfel nie.

Al gebeur die bittersoet en bitterlekker met jou. Romeine 8 sê Paulus “Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.”

Mag hierdie Vaderskap gedagte jou vanaand met dankbare trane laat, Hy het jou lewe tot dusver nie net verstaan nie maar jou ook bygestaan, opgehelp en vergewe. Mag Sy Heerlikheid jou toevou soos ‘n winterskombersie, en jou die warmte van Sy Liefde laat ervaar.

AMEN
Nagsê Here.

Tuis | Podsendings | Nagsê Here | NH – 18 Junie 2023

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio