Nagê Here – 15 Junie 2023

Goeie Naand,

Dit gaan goed, mens voel goed, as alles reg verloop. Jy weet jy gaan die kompetisie of wedstryd wen. Jou tone krul van lekker kry. In 1 Konings 18 lees ons van so ‘n oorwinning. Eers moet ons sê dat Elia gevlug het. Daar was hongersnood en droogte in Israel. Elia het vir Agab en Isebel gesê dit is omdat hulle as koningsgesin van Israel, afgode van Baäl dien en hulle, hulle rug op God draai en nie na God luister nie.

Alle vorme van rituele is uitgevoer, selfs kinder offers, die afgode is deur hul priesters as vorm van kultus, massa histerie en bedwelming gebruik om mense te beïndruk dalk eerder te mislei. Nietemin die droogte het gebly en Agab soek na Elia, hy is die skuldige wat die droogte gebring het daarom moet hy doodgemaak word of as offer vir afgode dien.Iemand moet die skuld kry!

Ons moet net weer vir mekaar sê dat God in ons is en deur ons Sy dade, woorde en doel openbaar. Ook ons beleef droogtes in ons lewens, swaarkrye dae kom en gaan.
So het God vir Elia teruggestuur om Agab te ontmoet, Elia moes gesug het want hy het geweet hulle wou hom offer, kan jy sy angs en huiwering besef, “Nee, o nee, Here, ek gaan my dood tegemoet, U kan nie ernstig wees nie.” Wel, Elia het God gehoorsaam en toe hy Agab ontmoet word hy sommer dadelik gevloek, “Is jy die besweerder van Israel?” Elia, in sy eer gekrenk, het aan Agab God se uitdaging bekend gemaak, God se kompetisie”. Bring twee bulle en laat jul profete hul bul eerste kies, sit dit op jul altaar, of braai rooster, baie hout maar die hout mag nie aangesteek word nie.

Gestel jy nooi ‘n klomp vriende uit vir ‘n braai, almal gelowiges, julle bid in dankbaarheid, die hande wat dit voorberei het en die voorreg van voedsel op die tafel. Kan jy jouself indink wat hulle sou sê as jy bid dat die hout of charcoal aan die brand raak sonder Blitz, ‘n vuurhoutjie of lighter. Almal sal dink dat jy ‘n grap maak.
Vanaand vra Die Here jou om Sy geleentheid te skep tussen die mense wat na Hom soek. Die wat twyfel, die wat nie glo nie, die wat seer het en die wat huiwerig is, hulle sal oortuig word. Hyself sal die vuur aansteek, die liefdesvlam in elkeen wat na Hom vra. Hy vra nie meer offers nie, Hy vra na jou.

Mag jy vanaand Hom dank vir die geleenthede wat Hy vir jou skep om Sy Almag te bewys. Jy is sy vuurhoutjie tussen mense met jou geloof, diens en gebed.
Mag God jou altyd gebruik sodat Hy die eer en lof kan kry.

AMEN

Nagsê Here

Tuis | Podsendings | Nagsê Here | NH – 15 Junie 2023

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio