Goeie Naand,
Wonder jy ook of God jou vergeet het, nie meer aan jou dink nie?
Dit voel baie keer in ‘n mens se lewe so wanneer dinge skeef loop of jy swaarkry. God is kwaad vir my en jy dink terug aan hoekom Hy kan wees wetend dat jy soos elke mens maar ‘n ongehoorsame streek in jou het, ons doen nie altyd die regte ding nie. Is hierdie swaarkry dan ‘n straf en is dit nodig so swaar te straf?
In Jesaja 63 hoor ons God se woorde aan Edom “Ek het alleen die pers getrap” en dan bedoel dat Hy het alleen gewerk het, niemand het gehelp nie, nou is Hy kwaad. Nie ek of jy wil God kwaad maak nie, Hy het net ‘n te groot rol in ons lewens. Dink maar aan pakslaes wat jy gekry het as kind deur pa of onderwyser, nie een hou was mis nie.
Jy besef dat as God pak gee dan doen Hy dit anders, jy gaan nie al in die rondte hardloop of weghardloop nie. Jy kan ook nie gaan wegkruip of by vriende oorslaap totdat humeur bedaar het nie. Hy is Immanuel, God met ons, ons is Sy tuiste, waar jy gaan is God. Ons het ‘n wonderlike God want in 8 en 9 bewys Hy Sy Vaderskap met vergifnis en meelewing. “Want Hy het gesê: Hulle is tog my volk, kinders wat nie sal lieg nie. So het Hy dan vir hulle ‘n Heiland geword.
In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur Sy liefde en deur Sy medelyde het Hý hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.” Mag jy vanaand met dankbaarheid besef dat God Sy stout kinders ook liefhet; In jou benoudheid raak Hy net so benoud, In jou lyding, ly Hy saam, As jy kwaad doen, verlos Hy jou, As jy val, tel Hy jou op en dra jou.
Is dit nie ‘n lekker gevoel en gedagte om mee te gaan slaap nie?
AMEN
Nagsê Here
Deel hier: