Nagê Here – 11 Junie 2023

Goeie Naand,

Ek hoop dit gaan goed met jou, geliefde van Die Heer. Kan jy soos Johannes getuig oor Jesus se koms aarde toe? Hy begin met sy evangelie “IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.” Vir my is dit genoeg gesê, soos ‘n kind glo ek!

Hoe verwoord jy, Johannes se verklaring oor Jesus as Verlosser en God, tussen soekende en stukkende mense?

Dalk met die volgende woorde:
In die donker soek ek na die Here,
Na bekende gesigte van vriende,
Na iets waardigs om te doen,
Ek mis my familie en gesin,
Tassend probeer ek rigting vind,
Alles bly net buite bereik.

Hey Tjomma, hoor ek in die donker skreeu,
Jy het die lig broer, wat dwaal jy so rond?
Ons kan jou nie volg as jy nie reguit loop,
Jy sê jy ken vir Jesus, neem ons na Hom toe!
Die tyd is min, die kersvlam is laag,
Vasberade, ligloos, beur jy voort, aangejaag,
Hierdie mense stemme agter in die donker,
Moet terugkom na die Begin, na die Woord!
Jy moet hul die Lewe wys, in jou is Die Lig,
Sodat die duister in hulle verdwyn, dis jou plig.
Hey, Tjomma hoor jy uit die donker iemand roep….

Jy kan bid “Dankie Here dat U lig deur my skyn en U my gebruik as ‘n ligbaken vir ander wat ek dalk nie eers ken nie”

AMEN

Nagsê Here.

Tuis | Podsendings | Nagsê Here | NH – 11 Junie 2023

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio