Kom kuier in hierdie episode saam met Daniëlla en Sarina Bosman – ma van ‘n woelige seuntjie met nog een op pad, radio-aanbieder en fiksheidsfanatikus.
Ons gesels oor geboorte “planne” wat nié volgens plan verloop nie, kraamverlof, borsvoeding en melk (probeer) express op kantoor, en hoe om steeds vir jou verhouding tyd te maak met ‘n besige kleutertjie wat heeltyd ook tyd en aandag opeis.
Sarina deel meer oor die dinge wat moederskap vir háár makliker gemaak het, en ons droom ook saam oor die toekoms.
Deel hier: