Hoe om met jou kind oor seks te praat

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 4 | Hoe om met jou kind oor seks te praat

Hierdie episode bevat inligting wat jy dalk nie wil hoor nie, maar wat jy moet hoor:

Die kans is goed dat jou kind al teen graad 6 aan pornografie blootgestel sal wees – waarskynlik op ‘n ander kind se foon by die skool. As jy wag tot dan om met jou kind oor seks te praat, is dit te laat.

Só sê Marita Rademeyer, ‘n kliniese sielkundige van Pretoria wat veral met kinders en seksuele blootstelling werk.

Sy wil jou nie bang praat nie, maar sy wil jou oë oopmaak vir wat regtig aangaan, en jou die “tools” gee om te verseker jou kind kom praat met jou om die feite te kry.

In hierdie episode leer ons:

  • Hoe praat jy oor seks met onderskeidelik ‘n kleuter, laerskoolkind en tiener?
  • Hoe kom jy jou eie ongemak te bowe?
  • Wat kan jy doen as jou kind pornografie op ‘n skoolmaat se foon gesien het?
Tuis | Podsendings | ‘n Ma & ‘n Mikrofoon | EP 4 – Hoe om met jou kind oor seks te praat

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio