Skermtyd: Wat 'n Arbeidsterapeut Wil Hê Jy Moet Weet

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 29 | Skermtyd: Wat ‘n Arbeidsterapeut Wil Hê Jy Moet Weet

Dat skermtyd ‘n rol gaan speel in jou kleuter, kind en tiener se lewe, is byna onvermydelik. En hoewel amper elke ouer dit soms gebruik om ons te help om “dinge gedoen te kry”, gaan dit dikwels gepaard met skuldgevoelens.

In dié episode probeer ons riglyne skep vir gebalanseerde skermtyd. Arbeidsterapeut Carla Grobler deel die waarskuwingstekens wat jou kan help identifiseer of jou kind se skermtyd hulle negatief beïnvloed, en gee ook raad oor hoe om die kwessie aan te takel.

Ons bespreek verskillende soorte skermtyd en die impak daarvan, en fokus op die alternatief—hoe om skermtyd te vervang met speel. Deur die gesprek probeer ons praktiese planne maak oor hoe gesinne skerms kan gebruik sonder om tyd saam prys te gee.

Tuis | Podsendings | ‘n Ma & ‘n Mikrofoon | EP 29 – Skermtyd: Wat ‘n Arbeidsterapeut Wil Hê Jy Moet Weet

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio