TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Karlien van Jaarsveld

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 28 | TWEE Ma’s & ‘n Mikrofoon: Karlien van Jaarsveld

Ouerskap het Karlien van Jaarsveld verander. Haar gestroop en omgedop. In hierdie episode van ‘n Ma & ‘n Mikrofoon gesels Karlien met Daniella oor die verskillende fasette van ma-wees.

Sy moes immers al baie trotseer – haar tweeling, Daniël en Eliah, is vroeg gebore en sy moes hulle toe hulle ouer word, ook lei deur ‘n egskeiding. Daarna het sy ‘n miskraam gehad op 19 weke. Later telkens met klein Elah hospitaal toe jaag to ‘n seldame siekte by die dogtertjie gediagnoeer is. En haar jongste, Johannes Samuel, was ‘n “lockdown baba”.

Maar, vertel Karlien in die onderhoud, dit alles het haar gesin en haar geloof net versterk – en ten spyte van die moeilike dae, geniet sy haar huis vol kinders, lag en lewe.

Tuis | Podsendings | ‘n Ma & ‘n Mikrofoon | EP 28 – TWEE Ma’s & ‘n Mikrofoon: Karlien van Jaarsveld

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio