Etenstyd!

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 21 | Etenstyd! Maak so seker jou baba & peuter word ‘n goeie eter

Een van die grootste uitdagings in jou baba se eerste jaar is wanneer hulle (wat nou uiteindelik net mooi begin bottel of borsmelk drink het) moet begin eet.

Jy voel oorweldig: Wanneer is te gou, wanneer is te laat, hoeveel is te veel, of te min, wat moet jy gee en nié gee nie? En wat as hulle stik of nie wil eet nie?

Marita Bezuidenhout van Magies Vol Liefde (Tummies Full of Love) het antwoorde op ons vrae oor die eerste 24 maande se eetgewoontes. Sy het jare se ervaring van vastekos-voorstelling vir babas en gee vir Daniëlla en luisteraars raad oor:

  • Wanneer begin ek met vaste kos?
  • Waarmee begin ek?
  • Wat is die verskil tussen verstik en gag?
  • Wanneer moet ‘n peuter saam met die res van die gesin begin eet?
  • Hoe maak ek as my peuter te veel of te min eet? 

Met Marita se raad sal kan jy vir jou kind die grondslag lê vir ‘n lewenslange gesonde verhouding met kos.

Tuis | Podsendings | ‘n Ma & ‘n Mikrofoon | EP 21 – Etenstyd! Maak so seker jou baba & peuter word ‘n goeie eter

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio