'n Ma & 'n Mikrofoon

‘n Ma & ‘n Mikrofoon is ‘n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel.

Aanbieder Daniëlla van Heerden (self ‘n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma’s se emosionele welstand. Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net ‘n ma kan verstaan – soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as “me-time”!

Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek. Alledaagse én bekende ma’s kom kuier ook in die ateljee om hulle stories te deel. ‘n Ma & ‘n Mikrofoon sal jou inspireer, bemagtig en herinner dat jy (ten spyte daarvan dat jy soms twyfel) altyd die beste ma is vir jou kind.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 22 | Die Ma wie se Man haar 3 Kinders voor haar Vermoor het

In Julie 2006 het Charlotte van der Westhuizen se man hulle drie kinders, Bianca (16), Marius (5) en Antoinette (21 maande) voor haar doodgeskiet. Hy kom binnekort uit op parool.

Sy deel haar storie met Daniëlla en ons luisteraars. Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 21 | Etenstyd! Maak so seker jou baba & peuter word ‘n goeie eter

Een van die grootste uitdagings in jou baba se eerste jaar is wanneer hulle (wat nou uiteindelik net mooi begin bottel of borsmelk drink het) moet begin eet.

Jy voel oorweldig: Wanneer is te gou, wanneer is te laat, hoeveel is te veel, of te min, wat moet jy gee en nié gee nie? En wat as hulle stik of nie wil eet nie? Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 20 | Vegter Vir Hoop: Die Ma Wat Met Reuse Baklei

Liézel Els se tweeling, Lia en Nelius, is nog nie eers 3 jaar oud nie, en sy’t reeds ‘n leeftyd se uitdagings agter die rug. Reeds vóór hulle geboorte moes Liézel (41) vir haar kinders begin baklei… Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 19 | Die 3 Dinge Wat Goeie Pa’s Dikwels vir hul Kinders Sê

Die rol van ‘n pa in ‘n kind se vorming en menswees is enorm. Daar word (met reg) van vandag se pa’s verwag om nie meer bloot die versorger te wees nie, maar werklik ‘n rol te speel in alle aspekte van die gesinslewe… Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 18 |(On)Betrokke Pa: Die Man wat die Siklus Breek

Jaco van Schalkwyk het sonder ‘n betrokke pa grootgeword, en dit het baie seer in sy lewe veroorsaak. Jare later het hy voor ‘n kruispad gestaan: Word hy sélf ‘n onbetrokke pa, of kies hy ‘n ander – maar moeiliker – pad?… Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 17 |Niël Scholtz: Om Weer Te Lééf Ná Jou Vrou Sterf

In minder as ‘n jaar het Niël Scholtz se lewe verander. Borskanker is by sy vrou, Anica, gediagnoseer terwyl sy hoogswanger was met hulle tweede kind… Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 16 |TWEE Ma’s & ‘n Mikrofoon: Greteli de Swardt

Die aktrise Greteli De Swardt het op 20 getrou en op 21 ma geword. Die huwelik was beplan – maar die baba was ‘n verrassing!Terwyl die meeste van haar vriende dus deurnag-swotsessies of -partyjies gehou het, was Greteli soms twee uur soggens nag wakker om doeke te ruil en te borsvoed… Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 15 | Groot Emosies, Klein Lyfies: Raad vir Tantrums & Woede-uitbarstings

Om kalm te bly terwyl jou kind se emosies buite beheer is, is een van ouerskap se groot uitdagings. En wanneer so tantrum dan nog plaasvind in ‘n besige winkelsentrum, met verbygangers wat hulle tonge… Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 14 | “Mom Guilt” Is ‘n Lokval. Só Klim Jy Uit

“Mom Guilt” is orals.

Dis die stemmetjie in jou kop wat sê: “Ek werk te veel en skeep my kinders af.” Of dalk: “Ek gee nie genóég aandag by die werk nie.”

Dis: “Ek voel sleg omdat ek wens vir tyd sonder my kinders” en “Ek moet begin oefen” of “Ek moenie elke dag oefen nie, ek moet eerder by my kinders wees.” Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 13 | Hettie Brittz: ‘Kweek Kinders Met Karakter’ Vir ‘n Nuwe Generasie Ma’s

Sedert Hettie Brittz se ouerskapsboek “Kweek Kinders met Karakter” die eerste keer in 2007 gepubliseer is, het duisende kopieë verkoop en deel geword van Afrikaanse gesinne se verhaal en grootword-reis. Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 11 | Van Deurmekaar na Agtermekaar: Kry Beheer deur te Organiseer

Kinders en ‘n deurmekaar huis voel al soos een en dieselfde ding. Maar dit beteken nie jy hoef in totale chaos te leef nie.

Met die nodige beplanning, stelsels en spanwerk kán jy weer beheer kry oor jou huis. In dié week se episode gee Nita Newton vir Daniëlla en ander ma’s raad oor hoe om (op ‘n begroting!) uit te sorteer… Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 10 | Ontmoet Die Ma Wat Kinders in Liefde Laat Sterf

Byna al Tarryn Bell se kinders gaan binnekort sterf. Tarryn wéét dit – sy’t hulle immers gekies. Talle is gered uit haglike omstandighede: weggegooi in bosse, agtergelaat in hospitale, of verwaarloos en mishandel in hulle ouerhuise.

Verskillende ongeneeslike siektes is by hulle almal gediagnoseer, wat beteken hulle het net weke of maande oor om te leef. Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 9 | Doen Dié 2 Dinge & Word ‘n Fikse Ma

In dié episode het jy toegang tot jou eie persoonlike afrigter. Michelle van Zyl is ‘n fiksheidskenner, “wellness coach” en ma van ‘n 6-jarige dogtertjie – en sy deel met Daniëlla van die oefen- en eetgeheime wat gewoonlik vir haar kliënte beskore is.

Michelle het sélf al ervaar hoe uitdagend dit kan wees om weer te begin oefen ná jy ‘n kind gehad het, en sy’t ook al tientalle vroue gehelp wat vir die heel eerste keer wil begin op ‘n fiksheidsreis. Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 8 | Wat ‘n Dokter-Ma Wil Hê Jy Moet Weet

Winter is sinoniem met siektes. Verkoues. Griep. En kinders wat net nie gesond word nie. Dr. Chantelle van der Bijl, ook bekend as Bloem MomDoc op sosiale media, gee in hierdie episode waardevolle raad. Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 7 | TWEE Ma’s & ‘n Mikrofoon: Sarina Bosman

Kom kuier in hierdie episode saam met Daniëlla en Sarina Bosman – ma van ‘n woelige seuntjie met nog een op pad, radio-aanbieder en fiksheidsfanatikus. Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 6 | Speel jou Kind Genoeg?

Speel is nie sommer net kinderspeletjies nie!

Deur speletjies leer kinders meer van hulleself, mekaar en sommer ook hoe die wêreld werk. Dis ouers se werk om seker te maak ons kinders bly kinders, en die beste manier om dit te doen is om seker te maak hulle speel genoeg. Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 5 | Ontmoet die Ma van Pretoria met 12 Kinders

Tina en Francois van Deventer van Pretoria het 12 kinders. Ja, hulle is die biologiese ouers van al 12. Ja, Tina het aan al 12 geboorte geskenk. Ja, mense gaap hulle soms aan. Nee, dit was nie altyd maklik nie – maar dit is ‘n seën en ‘n voorreg! Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 4 | Hoe om met jou kind oor seks te praat

Hierdie episode bevat inligting wat jy dalk nie wil hoor nie, maar wat jy moet hoor:

Die kans is goed dat jou kind al teen graad 6 aan pornografie blootgestel sal wees – waarskynlik op ‘n ander kind se foon by die skool. As jy wag tot dan om met jou kind oor seks te praat, is dit te laat. Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 3 | Infertiliteit, Jou Geestesgesondheid & Jou Huwelik

Behandeling vir onvrugbaarheid, soos IVF, plaas baie druk op verhoudings. Dis dikwels selfs die oorsaak van egskeidings.

Om te hoor dat jy nie net “maklik” ‘n kind sal kan verwek nie, is ‘n diep emosionele ervaring en kan ook lei tot angs, depressie, eetversteurings en lae selfvertroue. Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 2 | Boelies: Redes, tekens en Oplossings

Redes, tekens en Oplossings- Boelies en bullebakke neem verskeie vorme aan.

Dalk word jou laerskoolkind gespot oor haar voorkoms. Jou seun word miskien geslaan elke pouse – en hy wil nie met jou daaroor praat nie, want hy kry skaam. Lees meer hier.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 1 | Help, ek is ‘n nuwe ma!

Dis drie uur die oggend. Jou week oue baba hou nie op huil nie – jy het al alles probeer. Jou man is vas aan die slaap. Jy wonder: “Wat het my besiel? Hoe gaan ek hierdie kind kan grootmaak?”

Vir ‘n Ma & ‘n Mikrofoon se heel eerste episode, begin ons by die heel begin van ‘n ma en haar kind se reis. Daardie oomblik wat jy die eerste keer daardie bondeltjie vashou – JOU kind. In die hospitaalteater, of kraamsaal, in jou huis, of wanneer jou aanneem-kind vir jou gegee word. Lees meer hier.

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio

‘n Ma & ‘n Mikrofoon  – Episode 2 | Boelies: Redes, tekens en Oplossings

Redes, tekens en Oplossings – Boelies en bullebakke neem verskeie vorme aan. Dalk word jou laerskoolkind gespot oor haar voorkoms. Jou seun word miskien geslaan elke pouse – en hy wil nie met jou daaroor praat nie, want hy kry skaam.. Lees meer hier.