My Neus in jou Besigheid

In die reeks raak ons behep met die denke van entrepreneurs in elke groote en vorm. Dr Coléne Hind druk haar neus in die besigheid van vele kleurvolle entrepreneuriese karakters ter jagting na waardevolle insigte vir jou eie entrepreneuriese tog.

Robert Wilke

In my Neus in jou Besigheid gesels Colene met een van Travel with Flair (TWF) se stigterslede, Robert Wilke. As wêreldreisiger gesels hul oor familie, reis, die belangrikheid van ‘n gesonde besigheids kultuur en wat Suid-Afrika steeds “huis” maak vir die wêreldburger en boerseun van die Vrystaat en Pretoria. Lees meer hier!

Rian van Heerden

Colene gesels met Rian van Heerden oor sy skugter kinderjare tot een van die meeste bekendste gesigte op TV en stemme op Radio.  Aan positiewe kompleksiteit het Rian geen te kort nie en sit daad aan elke idee en kry die beste uit elke persoon wat sy pad kruis. Rian skuif grense in die fisiese wêreld en ook in die denke van mense – you either love him or hate him! Lees meer hier!

Izak du Plessis

Coléne gesels met Izak du Plessis van Nuuspod oor sy lewensreis van regs student na dominee na sosatie sjef na toekennings bekroonde radio en TV uitsaaier. Aan kleurvolle ervarings het Izak geen tekort nie, en hy deel sy hoogte en laagtepunte met rou eerlikheid. Ons gesels ook oor die skryf van sy Boere verneuker stories, en sy “liberal turn” en hoe hy nou voel oor sy herkoms. Gooi vir jou ‘n lekker glas rooi, en kom reis saam deur die denke van die destydse “kroeg dominee”. Lees meer hier!

Dr Lonell Coetzee

Rolmodelle, bronne van inspirasie, kinders grootmaak en diesel enjins! Colene druk haar neus in die wolke in die gesprek met Dr Lonell Coetzee. Lonell se determinasie en entoesiasme is aansteeklik en sy skryf baie van haar sukses toe aan die kwaliteit van aanpasbaarheid wat sy geleer het as kind binne ʼn lugmag familie wat gereeld basis moes skuif. Een ding is verseker, Lonell se vlerke is veels te groot om ooit geknip te word. Lees meer hier!

Herman Swart

Van die army tot casino uitsmyter tot kaptein in die sakewereld van hotel en gasvryheidbestuur. Herman Swart het meer as 30 jaar ervaring in bestuur en innovasisie in elke askep van dié komplekse en riskante besigheid.  Herman “strike” die perfekte balans tussen oopkop en hardekop. Lees meer hier!

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio