Mannetjiesvrou

‘n Potgooi vir die Afrikaanse lesbiër – Leer jou les.

Die potgooi word nie deur Afrikaans.Radio vervaardig nie. Die opmerkings en inhoud is die van die deelnemers en podsenders self.

Mannetjiesvrou – 17 Junie 2022.

Hoe gemaak met homofobie?

Ná maande se stilte herrys Mannetjiesvrou soos Letserus. Luisteraars, ons is terug en ons duik sommer op die daad diep met ’n gesprek oor homofobie. Hoe kan die lesbiër haar staal vir homofobie, hetsy dit mikroaggressies is, of ernstiger homofobiese gedrag?

Mannetjiesvrou – leer jou les.

Mannetjiesvrou – 14 Januarie 2022.

Nuwejaarsvoornemens, voëltoere, lesbiese road trips en straatvryery. 
 
Episode 9 bring jou op die hoogte van die mannetjiesvroue in die voorkamer se persoonlike sake. 
 
Mannetjiesvrou – leer jou les.
 

Mannetjiesvrou – 19 November 2022.

 
Daar onder lê vier pikkewyne – ’n gesprek oor vulvas
 
In episode 8 van Mannetjiesvrou kyk ons na die klitoriskappie, die skaamheuwel, die labia majora en minora en al die ander aspekte van ons oogappel, die vulva. Ons praat sonder doekies omdraai oor menstruasie, afskeidings en die skaamte wat baie mense het oor hulle skaamdele. Voor julle nou alles wat ons sê vir soetkoek opeet (want ons is allermins medici), gaan loer ook asseblief hier:

Meer oor die bou van die vulva en vagina: https://www.lunette.com/pages/anatomy-101

The Vulva Gallery: https://www.thevulvagallery.com/

Die interne bou van die klitoris: https://www.theguardian.com/commentisfree/2016/sep/15/3d-model-clitoris-sexual-revolution-sex-education-womens-sexuality 

Mannetjiesvrou – leer jou les.

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio