Jou daaglikse KLETS oor alles wat saak maak!

KLETS | September 2023

Ons “kletsers” is nie bang om ‘n bietjie omstrede te wees nie, en “beklets” alles van die grootste nuusgebeure en nuutste tendense wat ons wêreld vorm.

Kom KLETS saam! 

KLETS – 28 September 2023 | Tuks of Niks?

Die span KLETS oor die gedoente by TUKS en Donald Trump. Maak companies se wellness campaigns mense meer siek as gesond? Tanya Michelle vertel Waar is die JOL. Lees meer hier!

KLETS – 27 September 2023 | Die het jou lewe verander!

Die ANC moet dalk lesse by Google gaan kry oor hoe om te bou, of dalk moet hul net begin Google? Het jy ‘n kaartboek in jou kombi gehad?  Bheki Cele is ‘n blink presteerder volgens die Chinese. Stats wat jou lewe sal verander… Lees meer hier!

KLETS – 26 September 2023 | Stamp hom stinkie!

Canoe’s in die Kaap van storms en die bosveld is aan die brand. Ons kan nie meer karre bekostig nie maar die Suid-Afrikaanse Polisie het baie spaar voorraad. Die bokke het swaer getrek die naweek en die Fourways boets brul hul exhausts op die maat van Winnie. Lees meer hier!

KLETS – 22 September 2023 | So Braai Mens!

Op die vooraand van Braaidag gesels die span saam met Braaiboy.  Ons hoor waar hy al orals gebraai die afgelope 14 jaar. Braaiboy gee tips vir jou Braaidag en vertel wat is sy gunsteling bykosse en vleis om op die kole te gooi. Lees meer hier!

KLETS – 21 September 2023 | Pixie Pink gee vir kinders ‘n stem

In vandag se KLETS gesels Matthys met die Victims’ Advocate Pixie Pink oor die stand van sake in Suid-Afrika rakende kindermishandeling, die slagoffers, die wet en kinder regte.

Raak betrokke by die werk wat Pixie Pink en haar span doen om vir ons kinders ‘n stem en ‘n weg uit te gee!

Jou subskripsie van R60.00 per maand kan ‘n kind se lewe red! Lees meer hier!

KLETS – 20 September 2023 | Ai die Karin’s!

Dis amper Braaidag en die span gee raad oor waar jy wat kan koop wat nie die bank sal breek nie. ‘n Karin van Engeland vermoed dat Yoga lyk soos massamoord. Jy kan ook nou “famîs” word as jy jou oorfone insluk soos die ander Karin in die VSA. Maak skoon jou huis! Lees meer hier!

KLETS – 19 September 2023 | Varke en slegte belsuite

Johannesburg se burgermeester hardloop uit sy eie stad weg vir die vuur. Waar daar is rokie is daar ‘n vuurtjie behalwe as jy ‘n roker is. Varke maak meer geld as wat jy dink. Sal jy betaal vir X (Twitter) om Musk te help met sy slegte besluite? Lees meer hier!

KLETS – 18 September 2023 | Vuiste klap en Bokke verpletter!

Vuiste klap by Noah konsert in Pretoria. Suid-Afrika is vuil en moeder aarde beding badtyd. Paul Mashatile weereens ‘n top “scorer” en presteer even beter as die Bokke. Postbank is ‘n ster supplier in die SASSA waardeketting. Eiers word al hoe duurder en die bokke verpletter Roemenië. Lees meer hier!

KLETS – 13 September 2023 | Wyn vir die pyn.

Tim Atkin sê Suid-Afrikaanse wyn is die beste in wêreld geskiedenis. Die span proe saam met die wyn kenner, Lara Jordaan, aan elemente van Tim se verslag en hoor wat jy moet drink. Skink ‘n glasie en leer oor wyn. Lees meer hier!

KLETS – 12 September 2023 | Sies Busi, SIES!

Busisiwe Mkhwebane is uit haar stoel maar haar regskostes kon 159 miljoen mense help met R350.00. Elon launch sy nuwe kind op X. Cilliers Brink hou kop bo rommel in Tshwane. Lees meer hier!

KLETS – 11 September 2023 | Reverse Robin Hood!

Die land is arm maar Cyril kuier saam die regering by Spier. Die listerine mannetjies is nou sigbaar vir almal om na te kyk. Peet Viljoen is suur oor JP se geld. Lees meer hier!

KLETS – 8 September 2023 | Arno Greeff, hier kom ‘n ding!

Die span KLETS saam met die gewilde akteur Arno Greeff oor die movies, TV, wat dit verg om ‘n akteur te wees in Suid-Afrika en oor water! Lees meer hier!

KLETS – 6 September 2023 | Die filosofie, die Perd en die Britte

Kom ons gaan kamp en bestudeer die filosofie van elektrisiteit. Die Britte dryf hul politici tot vuil taal. Lucky Mamelodi Luke het dalk die oplossing vir duurder petrol en diesel.

Covid is dalk vergete maar die korrupsie rondom Covid is steeds ‘n pandemie! Lees meer hier!

KLETS – 5 September 2023 | Nada Nada!

Cyril speel weer wegkruipertjie in die donker met verslae en antwoorde. Die SAUK het Nada geld vir sepies en die Wêreldbeker rugby. Die voëls het griep! Lees meer hier!

KLETS – 4 September 2023 | Apartheid en die Brave Fart

Die regering blameer die naweek alles weer op apartheid. So is Colene se maag en haar “brave farts” dalk ook apartheid se skuld. Kos word al duurder en as jy in die Kaap bly is dit ook duurder as in die res van die land. Lees meer hier!

KLETS – 1 September 2023 | Dis heerlike lente en Cyril is bly!

Dis heerlike lente en Cyril is bly!
Brandende geboue vir jou en vir my!
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.

Ons Jol rond oor die hele wêreld! Laat weet as jy ‘n Jol het in jou dorp of stad waar lekker mense bymekaar kom! Lees meer hier!