Jou daaglikse KLETS oor alles wat saak maak!

KLETS | Oktober 2023

Die “kletsers” is nie bang om ‘n bietjie omstrede te wees nie, en “beklets” alles van die grootste nuusgebeure en nuutste tendense wat ons wêreld vorm. Nie geskik vir sensitiewe ore!

Kom KLETS saam! 

KLETS – 19 Oktober 2023 | Lui lui telefoon…

Cyril en Naledi is beide mal vir ‘n telefoon. Ons onderwysers kan nie somme maak of Engels lees en skryf nie. Hamas wys weer ware kleure en dit is nie baie kleurvol nie. Sun City spandeer meer as 50 miljoen rand aan diesel in 2022. Kieswetter is ewe depressief oor loadshedding en die rand verswak stilletjies. Busi is uiteindelik in ‘n overall ongelukkig is hy rooi. Lees meer hier!

KLETS – 18 Oktober 2023 | Woensdag se verbal diarrhoea

Alles van Croctober, die lotto, hair removal, hormone, Chilies, seewater, Kersfees en wyn. Lees meer hier!

KLETS – 16 Oktober 2023 | Jan Taks!

Die Span gesels met Elaine Grobler CA(SA) oor die Jan Taks en die Tax Season wat 23 Oktober 2023 sluit. Ons hoor hoe dinge verander het die afgelope tyd. Wat jy kan doen om seker te maak jy betaal nie meer vir die Keiser se nuwe klere as wat jy moet nie. Lees meer hier!

KLETS – 16 Oktober 2023 | Die Bokmasjien!

Die Bokke hou SA nederig. In swart getooi gooi die ANC hul steun agter Palestina of is dit Hamas? Tel is nie Statistiek Suid-Afrika se sterk punt nie. SABC skarrel vir geld. Wat fluister Cyril in Patrice Motsepe se oor? Lees meer hier!

KLETS – 13 Oktober 2023 | Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wat is die mooiste blom in die land?

Die Span gesels met die beroemde landskapargitek Leon Kluge oor plante, tuine en sy ontwerp filosofie. Leon deel wat alles agter die skerms gebeur by die grootste blomme skoue en tuinontwerp geleentheid in die wêreld. Hy deel raad oor hoe om meer waterwys tuin te maak en hoe om jou snyblomme langer te laat hou. Lees meer hier!

KLETS – 12 Oktober 2023 | SA se spaarbussie is leeg!

Matthys loer in by die ekonoom Dawie Roodt oor waar Suid-Afrika se finansies staan. Dawie verduidelik wat die impak van die Israel/Hamas oorlog op Suid-Afrika is en moontlik kan wees. Die 2022-sensus verslag word ook vinnig bespreek en Dawie gee sy gedagte oor ekonomiese groei in Suid-Afrika. Lees meer hier!

KLETS – 11 Oktober 2023 | So teel ons!

Die populasie pomp te veel krag vir Pravin. Koop jou hoender nou vir die Krismis! Suid-Afrika weet hoe om te teel en oor 20 jaar is blankes dalk die nuwe hoendertande. Dr. Lani het nie die papiere nie maar hy het wel die stetoskoop. Rassie Wada nie rond nie hy en die manne is reg vir hane! Lees meer hier!

KLETS – 10 Oktober 2023 | Die puin in pynlik!

Die goedkoopste eiers in Suid-Afrika is duskant die Botswana grens. De beloofde land weereens in trauma en puin. Oscar kry moontlik ‘n kans om die “best supporting” rol in sy eie lewe te speel. Coléne se kristal bal voorspel wonderlike dinge vir KZN. Hiep-Hiep-Hoera oom Paul! Lees meer hier!

KLETS – 6 Oktober 2023 | Wada wada…

Ons kort meer verpleegsters en onderwysers en minder prokureurs. SA is dalk binnekort sonder vlag, volkslied en klere maar die ministers gee WADA om. Vandag is fokol op almal se lippe. Geniet jou naweek en jou eiers! Lees meer hier!

KLETS – 5 Oktober 2023 | Jou Luis!

Frankryk wemel nie net van die “Super Fans” nie maar ook van die luise. Nog ‘n stukkie Johannesburg tuimel in mekaar. Moenie in die water speel nie die oumense wil dit drink! Die leeu is los. Skollie vat vyf en rus goed! Lees meer hier!

KLETS – 4 Oktober 2023 | Beavers, Eiers en Bambi

Mense gaan mal oor die stand van eiers maar jy kan eiers vervang met ‘n paar ander opsies. Hoeveel weeg jou eiers? Bambi se storie verander om kinders nie te ontstel. Prue Leith wil die beaver sien! Lees meer hier!

KLETS – 3 Oktober 2023 | Daar is ‘n vibration!

Android laat Colene se gemoed ingee! Die werke in SA wat goeie geld maak en as jy een van hulle het stuur vir ons wyn! Die DA klim ‘n leer om te sê hulle gaan SA red. Collective responsability beteken vandag geen verantwoordelikheid. Wat moet jy doen om 108 jaar oud te word? Lees meer hier!

KLETS – 2 Oktober 2023 | Oktober…die mooiste, mooiste maand…

Die Jakarandas begin blom en dit beteken die jaar het sy gat gesien. Eskom gee ons bietjie meer krag en die bokke het hul skop skoen gevind. Lees meer hier!

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio