KLETS – 14 December 2023 | Surprise! Gaan loer onder jou kersboom ons is weer terug!
Die span beklets die braaksels en joligheid van 2023. Van die EFF, Israel, Cyril tot Hamas maar wie gee om want die Bokke laat ons steeds saam skrum. Nuwe jaar nuwe dinge en ook ‘n nuwe formaat vir KLETS in 2024.
Lekker julle slette, dankie vir een en elk wat geluister het in 2023 ons sien julle anderkant die Kersboom.
Wees soet en as jy nie soet is nie neem foto’s. Lees meer hier!
KLETS – 30 November 2023 | Die hele fkn land is in sy moer!
No nut November is ‘n pot kak, moenie jouself inhibeer nie! In die woorde van Elon Musk, ”go fuck yourself”. Dit is daai tyd van die jaar, prestasiebeoordeling vir almal maar nie vir Cyril se span nie.
Die week se nuus kan jou tot trane dryf maar ons “maak-‘n-plan” gees bring ‘n lied tot elke hart. Lees meer hier!
KLETS – 28 November 2023 | Om te tip of om nie te tip nie!
Almal verwag dat self die haarkapper en die nael tegnikus ‘n tip moet kry. Het dit te ver gegaan? As dit jou grief soos wat dit vir Colene grief is hier die lande waarin jy moet gaan gly. Of bly maar net hier! Lees meer hier!
KLETS – 27 November 2023 | Klippies Coca-Cola en Kakpapapier
Israel en Palestina betogings steeds besig. Hou hulle aan die lewe net sodat hulle kan stem! Die ANC speel vuil en die SA burgers is die skaak stukke. Die top verkopers van Black Friday is Klippies Coca-Cola en kakpapapier. Koop nou jou kar die bank sal hom eers Maart 2024 kom haal. Bok held val uit die kas vol en tik geheime. Lees meer hier!
KLETS – 21 November 2023 | Hallo Wêreld!
Cyril sê doen wat ek sê en nie wat ek doen nie. Steek drie kersies aan vir die weermag, lugmag en die vloot. Vrouens word ouer as mans. SA restaurante pronk trots op wêreld lys. Vreemde k9 virus in Amerika. Lees meer hier!
KLETS – 20 November 2023 | Jou briefie is absurd
So op National Absurdity Day verjaar Joe Biden en Ramokgopa vermoed dat Eskom personeel bietjie meer geld moet kry terwyl ons nog bietjie minder krag kry. Andre de Ruyter skryf briefies uit Amerika oor hoe die blare van kleur verander. Lees meer hier!
KLETS – 16 November 2023 | Lekker verjaar Matthys!
DSTV swem stroom op en dit gaan maar sukkel-sukkel. Dalk is dit omdat hulle DIE SHIT op TV sit? Waarheen moet jy gaan vir die wêreld se goedkoopste data? Godongwana is moeg maar die flavour of the month sal alles red! Colene se Johannes kom se hallo. Op 42 figure Matthys steeds uit wat ‘n mens met ‘n baarmoeder moet maak! Lees meer hier!
KLETS – 15 November 2023 | Totsiens Nyanga!
Wie sou kon raai dat Charlie toe ‘n scorpio is? Paddas se piepie laat jou die wêreld vir ‘n oomblik verlaat. Ons gaan ongelukkig nie die drie neus monster in PE sien nie en ook nie Nyanga as jy Google Maps gebruik nie! Lees meer hier!
KLETS – 14 November 2023 | Amastokostoko
“Amastokostoko” of eerder dalk ama-opportunity vir koffers volmaak? KFC doen goed genoeg in SA om hul eie “hope” te add. Kyk uit vir die persoon met 3 neuse in PE. As jy wil aftree op 60 moet jy 8 maal jou jaarlikse salaris in spaargeld hê. Lees meer hier!
KLETS – 13 November 2023 | Sand en 600K: Suid-Afrika se Belastingavonture!
600K vir catering op ‘n 9 ure vlug! Dankie aan die Suid-Afrikaanse belasting betalers wat Cyril se magie vol hou en terwyl hy staan met ‘n stuk koek in sy hand gee hy vir die kinders sand om te eet. Wit boere in SA word nog harder gedruk. Dit is nie net SA waar die leeus in die strate loop nie. Lees meer hier!
KLETS – 9 November 2023 | Misdaad, Politiek, Onderwys & ‘n Strokie met Harry!
Cele se kriminele moet geskied word, moet die grootste een dan eerste in die ry staan? Cyril se cyril sal sal die buffels veilig hou. In Suid-Afrika kan jy nou werklik graad kry met lekker kry net kry. Het ons ‘n generasie kortsigtige en lui kinders groot gemaak? Kom ons vra vir Harry. Lees meer hier!
KLETS – 7 November 2023 | Die blondine bel die brandweer!
Kan die kinders vandag nog meet en pas? Wie dryf die nuus, en het dit ons lui en dom gemaak? Hou op om dom vrae te vra op social media, bel jou oom of jou tannie! Lees meer hier!
KLETS – 6 November 2023 | Ons is terug!!!