Jou daaglikse KLETS oor alles wat saak maak!

KLETS | Mei 2024

Die “kletsers” is nie bang om ‘n bietjie omstrede te wees nie, en “beklets” alles van die grootste nuusgebeure en nuutste tendense wat ons wêreld vorm. Nie geskik vir sensitiewe ore!

Kom KLETS saam! 

KLETS – 15 Mei 2024 | Kyk Op! ‘n Nag van Aurora’s en Sterre met Prof David Block

In hierdie episode kyk ons eerder OP! Ons praat met die bekroonde sterrekundige, en algeheel lekker ou, Prof David Block oor die merkwaardige en rare verskynsel– die Aurora’s, wat op die 10de en 11de Mei gesien is van Gansbaai tot by Etosha. Lees meer hier!

KLETS – 8 Mei 2024 | Poniesensasie en Politieke Drama

Mense en hulle dinge… en fok, hulle het baie dinge!

Shell, daai geel en rooi garage, het 122 jaar oorleef—wêreldoorloë, apartheid, en talle sanksies, maar swyg voor BEE… Lees meer hier!

KLETS – 1 Mei 2024 | May Day! Ons is nou ook op YouTube!

In vandag se KLETS gesels Colene en Matthys met bekroonde joernalis, Daniëlla van Heerden. Daniëlla loer in om te gesels oor haar podcast, ‘n Ma en ‘n Mikrofoon, wat binnekort ook op Afrikaans.Radio beskikbaar sal wees.

1 Mei het ons vanjaar met ‘n paar ekstra verrassings verras, nie net May Day nie! Check ons uit op YouTube! Lees meer hier!

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio