Jou daaglikse KLETS oor alles wat saak maak!

KLETS | Mei 2023

Die “kletsers” is nie bang om ‘n bietjie omstrede te wees nie, en “beklets” alles van die grootste nuusgebeure en nuutste tendense wat ons wêreld vorm. Nie geskik vir sensitiewe ore!

Kom KLETS saam! 

KLETS – 31 Mei 2023.

Colene KLETS met Prof. Jurie van Vuuren wat verbonde is aan die Universiteit van Pretoria rakende die stand van entrepreneurskap in Suid-Afrika. Wat is die regering se posisie en wat doen die Departement van Kleinsake-ontwikkeling vir entrepreneurs en die groei van ons ekonomie in die sektor. Lees meer hier!

KLETS – 30 Mei 2023.

Matthys gesels met die historikus en voorsitter van Erfenis Potchefstroom, Johan Wolfaardt, oor die nuutste vonds van 269 voorlaaiers wat in Vryheid, KZN onlangs gevind is. ‘n Groep “geskiedkundiges” genaamd die Vryheid History Diggers, het onlangs met hul metaalverklikkers voorlaaiers opgegrawe. Lees meer hier!

KLETS – 29 Mei 2023.

Dis Maandag en die span “beklets” verlede week se nuusgebeure.ᅠ Elon kan nou iets in jou brein inplant, die onderw↑reld van waterverkope, Amerika kort geld om rekeninge te betaal en Rusland is steeds besig met die Oekra￯ne. Lees meer hier!

KLETS – 26 Mei 2023.

Dis Vrydag en die span KLETS met Tanya Michelle oor Waar is die JOL in Suid-Afrika.  Ons val met die deur in die huis oor die Budweiser advertensie en hoekom advertensies so “woke”, lomp en oninteressant geraak het.  Suid-Afrikaners verteenwoordig en wen eerste prys by die Chelsea-skou in Londen, Engeland met hul “Blackjack” agapant.  En wil jy jou besigheid se dienste of produkte bemark? Stuur vir ons ‘n epos na adverteer@afrikaans.radio. Lees meer hier!

KLETS – 25 Mei 2023.

Die span KLETS oor die interest rate verhoging, die koningin van Rock (Tina Turner) en haar songs wat sinoniem is Mej. Suid-Afrika in die 80’s, die R77m van tax geld wat gebruik word vir Qedani Mahlangu se regskostes en die feit dat Suid-Afrikaners nie kwaad genoeg is nie en ook nie bereid is om saam te staan oor dit wat almal onder ly nie. Lees meer hier!

KLETS – 24 Mei 2023.

Afrika kry soms die bynaam “Moeder kontinent” omdat dit die oudste bewoonde kontinent op aarde is volgens navorsing. Die span KLETS vandag saam Fran￧ois Conradie, ‘n politieke ekonoom verbonde aan Oxford Economics Africa. Fran￧ois spesialiseer in landrisiko in Afrika rakende; politiek, konflik, staatsfinansies, belegging, beleid en handel. Lees meer hier!

KLETS – 23 Mei 2023.

Die span KLETS met Gerhard van Huyssteen oor die multidissiplin↑re navorsing en wetenskapskommunikasie projek oor vloek. Gerhard is ‘n Professor van Afrikaans en Nederlandse Taalkunde verbonde aan die Noordwes-Universiteit. Lees meer hier!

KLETS – 22 Mei 2023.

Sondagkoerante wat vol van dieselfde vraatsug. Johanna maak tee vir Daveyton se mense. Wat kan ons leer by die oop hand? Moet ons meer na ons onmiddellike gemeenskappe kyk om die wa deur die drif te trek? Of dalk het ons te ver in demokrasie verval en kort weer ‘n outokratiese leier. Lees meer hier!

KLETS – 19 Mei 2023.

Col←ne het ‘n boodskap ontvang wat melding maak oor hoeveel sy vloek, dalk is dit dieselfde Tannie wat vir Anita se man uit die CEO posisie van KWF gekry het. Lees meer hier!

KLETS – 18 Mei 2023.

Die span het vasgeloop in ‘n drol. Wie is die drol in die drink water en wie polish en dans om die drol?ᅠ Lees meer hier!

KLETS – 17 Mei 2023.

Ons “beklets” die “Trolley Pushers” in ons stede en vind uit hoe werk die beweging van die groep mense. Die span KLETS saam Louise du Plessis, ‘n prokureur by Lawyers for Human Rights.ᅠ Lees meer hier!

KLETS – 16 Mei 2023.

Suid-Afrika is dieper in die bed met Rusland as wat ons vermoed. Dalk het Suid-Afrika by die “Ram vir ‘n Rus” TV program aangesluit.  Lees meer hier!

KLETS – 15 Mei 2023.

Dis dag 134 van 2023.ᅠ Die span “beklets” verlede week se nuusgebeure en Col←ne het 3 sterk temas gevind in die nuus.ᅠ ᅠLees meer hier!

KLETS – 12 Mei 2023.

Ons KLETS saam Andre Cilliers, ‘n valuta-strateeg, van TreasuryONE oor die rand wat tuimel sonder ‘n parachute. Hy deel met ons wat was die aanloop tot die verknorsing en waarheen kan die Rand dalk nog tuimel. Lees meer hier!

KLETS – 11 Mei 2023.

Die span KLETS vandag saam Gielie Hoffmann oor die effek van beurkrag op ons psige en hoe dit ons elke dag be￯nvloed. Gielie gee praktiese wenke oor hoe om kop bo water te hou. Lees meer hier!

KLETS – 10 Mei 2023.

Wat maak mens met R 700 000.00 salaris per dag? Kan geld geluk koop? Wat is die prys wat jy moet betaal vir ‘n vet bankrekening per maand?ᅠLees meer hier!

KLETS – 9 Mei 2023.

Wat koop jy vir jou Ma op Moedersdag? Of is geskenke geld mors? Moedersdag is om die draai en Matthys is useless met geskenke. Stuur vir ons jou Moedersdag geskenk idees na klets@afrikaans.radio.ᅠLees meer hier!

KLETS – 8 Mei 2023.

Eksom se nee vir krag van self-opwekking, en is Waterkloof Lugmag Basis nou ‘n Poskantoor? Lees meer hier!

KLETS – 5 Mei 2023.

Die Kletsers praat bietjie Vrydag nonsens. Matthys hou regtig nie van Charlie nie. En ongetroud hou jou gelukkig, wel volgens Tannie Amore.ᅠ Lees meer hier!

KLETS – 4 Mei 2023.

Die span KLETS vandag oor Stres. Is dit so deel van ons lewe dat ons nie eens meer agterkom dat ons stres nie? ‘n Studie bewys dan vroue meer stres as mans. Ons gesels met Greta van Rensburg oor die nuwe reeks “siel” waar jy meditasies wat nie indringend of aan enige geloof gekoppel is nie van vannaand af na kan luister op Afrikaans.Radio. Lees meer hier!

KLETS – 3 Mei 2023.

Die span KLETS saam Dr. Hester Vermeulen van Die Buro van Voedels- en Landboubeleid (BFAP) oor die stygende voedselpryse en wat die prys van kos beïnvloed. Dr. Vermeulen deel ‘n paar wenke oor hoe om die inflasie en pryse te beheer in jou kosmandjie. Lees meer hier!

KLETS – 2 Mei 2023.

Mayday, Mayday die hele wêreld behalwe Cyril dink hulle sink, miskien moet ons almal kry wat hy drink. Die span “beklets” verlede week se nuus. Lees meer hier!
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio