Jou daaglikse KLETS oor alles wat saak maak!

KLETS | Maart 2024

Die “kletsers” is nie bang om ‘n bietjie omstrede te wees nie, en “beklets” alles van die grootste nuusgebeure en nuutste tendense wat ons wêreld vorm. Nie geskik vir sensitiewe ore!

Kom KLETS saam! 

KLETS – 27 Maart 2024 | Micki vang Moordenaars

In KLETS gesels die span met Dr. Micki Pistorius.

Micki is ‘n Suid-Afrikaanse forensiese sielkundige en skrywer. Sy was die eerste profielskrywer in Suid-Afrika wat aan baie hoë-profiel sake gewerk het, wat onder andere reeksmoordenaars insluit. Lees meer hier!

KLETS – 20 Maart 2024 | Die Krag van Gemeenskap

Colene is terug uit die Noorde en die Afrika hitte ontmoedig haar. Die span gesels met Prof Johan Oberholster van Die Moot Projek in Pretoria. Johan vertel waar die inspirerende projek begin het wat die krag van ‘n gemeenskappe wat saam werk illustreer. Hy deel raad en struikelblokke wat vermy moet word om soortgelyke projekte in jou buurt of dorp te vestig. Lees meer hier!

KLETS – 13 Maart 2024 | Die Lig is Noord.

In hierdie KLETS episode neem Colene ons saam op ‘n avontuur na die noorde om die Nothernlights te ervaar. Colene deel haar opwinding en verwondering oor die skouspel wat die Noorderligte is, terwyl jy dit wel eintlik net kan sien deur jou selfoon se lens. Lees meer hier!

KLETS – 6 Maart 2024 | Sophia sê haar sê

In KLETS vandag gesels Matthys met die Animal Healer en Communicator Hettie Richter oor hoe sy met diere gesels en hulle help om hul behoeftes en gedrag te verstaan. Sophia, Matthys se Frenchie,  vertel vir Matthys presies wat sy van hom en ook van haarself dink en Colene se “hallo” uit die noorde. Lees meer hier!

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio