Jou daaglikse KLETS oor alles wat saak maak!

KLETS | Junie 2023

Ons “kletsers” is nie bang om ‘n bietjie omstrede te wees nie, en “beklets” alles van die grootste nuusgebeure en nuutste tendense wat ons wêreld vorm.

Kom KLETS saam! 

KLETS – 30 Junie 2023.

Dis Vrydag en Tanya Michelle vertel ons Waar is die JOL. Matthys gesels met Neil Sandilands oor kuns, musiek, sy nuwe album en toer deur die land. Maar meestal oor Afrikaans, Afrikaner wees met  ‘n goeie skeut filosofie. Neil praat die mooiste Afrikaans en in sy woorde kan ‘n mens die trots hoor en voel op die taal in die suide van Afrika. Lees meer hier!

KLETS – 29 Junie 2023.

Almal in Korea is nou een jaar jonger en Putin is onrusbarend stil na die Wagner geselsies. Miskien is kuns ‘n beter investment maar jy kan dit ongelukkig nie op laybuy koop nie. Lees meer hier!

KLETS – 28 Junie 2023.

In KLETS gesels die span met Johan Botha, ‘n lewensafrigter, oor mans, manlikheid en die manlike identiteit. Die woord “toxic masculinity” doen gereeld die rondtes en is dit die rede dat mans hul “plek” in die samelewing begin betwyfel en so ook hul identiteit verloor? Is vrouens meer aanpasbaar as mans? Wat gaan word van die vaderlose jeug? Lees meer hier!

KLETS – 27 Junie 2023.

In KLETS gesels die span oor die 2-pot aftrede beginsel? Is Suid-Afrikaners genoeg savvy om met geld te werk? UK betaal Rwanda om vlugtelinge te neem maar wat gaan van die mense word? Lees meer hier!

KLETS – 26 Junie 2023.

Dis Maandag en die span KLETS oor wat verlede week in die nuus gebeur het. Colene hoor by vriende wat onlangs in Griekeland was dat Tall Horse wyne nou ‘n befaamde wyn en uitvoerproduk van Suid-Afrika is. Johannesburg is in skerwe maar vermoed dat die stad die 4de en 5de Industrial Revolution gaan dryf. Lees meer hier!

KLETS – 23 Junie 2023.

Dis Vrydag en ons gesels met Tanya Michelle oor waar is die JOL. Corne van FishPo 2023 kom KLETS saam oor die expo wat op 22 Julie by Loftus plaasvind. Corne gee ook 2 VIP kaartjies weg sodat jy kan skouer skuur met van die land se vernaamste name in die hengel bedryf. Lees meer hier!

KLETS – 22 Junie 2023.

Colene het gister by Rick Stein se The Seafood Restaurant in Padstow ge→et. Louis Liebenberg is deel van die Derek Hougaard storie en die vroueslaner Jaco Swart kruip weg in London. Lees meer hier!

KLETS – 21 Junie 2023.

Google het gister bekend gemaak watter terme Suid-Afrikaners die meeste Google en waaroor hul dan duidelik nuuskierig is. Van om Google te Google tot dobbel en darem hier en daar steeds vir Thabo Bester. Die Titanic is steeds is wat mense fassineer maar al jy die kans vat om te gaan loer na die onlangse gebeure? Lees meer hier!

KLETS – 20 Junie 2023.

‘n Kind op skool in Suid-Afrika vermoed hy is nou ‘n “wolf” en die skool aanvaar sy nuwe identiteit.  Is kinders opgewasse genoeg om te besluite oor hul geslag en waarmee hul assosieer as ‘n geslag op skool? Wat gaan word van die jeug met die “woke transgender” beweging onder ons jeug? Lees meer hier!

KLETS – 19 Junie 2023.

Onse Cyril het met groot gewilligheid die presidente van Oekraïne en Rusland besoek om vrede te bewerkstellig. Die sirkus het Suid-Afrika tussen 14 en 16 miljoen rand gekos en min in die sak gebring behalwe slegte publisiteit.  Prins William gaan van sy eie grond weggee om te help met behuising in die Engeland. Ace gaan glo binnekort ‘n rooi jakkie dra want ons gaan hom nooit in ‘n oranje pak sien nie. Lees meer hier!

KLETS – 15 Junie 2023.

Coléne en Matthys is terug na gister se afwesigheid. Colene is warm onder die kraag vir BA en Boris Johnson is in die sop omdat hy ‘n drankie gedrink het gedurende COVID. Is Andre de Ruyter steeds die ridder op die wit perd of het sy fluitjie ophou blaas?  Lees meer hier!

KLETS – 13 Junie 2023.

In KLETS vandag gesels Matthys met Chris Willemse, die operasionele bestuurder, van Princeton Security in Kaapstad.  Chris verduidelik hoe belangrik is dit om elke dag bewus te wees van wat om jou gebeur om sodoende intelligensie te vergader ten opsigte van misdaad en jou veiligheid.  Lees meer hier!

KLETS – 12 Junie 2023.

Dis Maandag en die span KLETS oor nuusgebeure van verlede week.  Greta Wiid is nie ‘n “ally” nie en was dalk verantwoordelik vir die aardbewing in die Oos-Rand.  Zuma is nou al 19 jaar besig in die hof. Is Putin die rugbyheld van die skool en 7 polisiebeamptes is dood gedurende die afgelope week in Suid-Afrika.  Lees meer hier!

KLETS – 9 Junie 2023.

Vandag op KLETS gesels Matthys met Amore Bekker.  Die mees bekendste stem op Afrikaanse radio van die afgelope 20 jaar.  Amore vertel hoe sy vreesloos lewe, wat haar verveel en haar gunsteling kos. Ons gesels oor Afrikaans, sterretekens en haar sê-ding “ek voel dit in my water”.  Lees meer hier!

KLETS – 8 Junie 2023.

In KLETS vandag gesels ons met Christo van der Rheede, die Uitvoerende Hoof Beampte van AgriSA oor landbou, die boere en die rol van landbou in ons ekonomie,  voedselinflasie en die rol van beurkrag in die waardeketting wat produkte  duurder maak op die rakke. Lees meer hier!

KLETS – 7 Junie 2023.

Colene is terug in die KLETS ateljee.  Ons gesels oor die feit dat kos keuses van ‘n land nou baie meer belangriker is wanneer iemand ‘n trip beplan.  Die oorsese mense wonder steeds of daar leeus in Suid-Afrika is en of dit dalk net ‘n storie is. Onse Cyril maak steeds net soos altyd, min tot niks en sê dat ons moet verstaan dinge in politiek gebeur stadig! Lees meer hier!

KLETS – 6 Junie 2023.

Ons KLETS vandag saam Dirk Scheepers, die aanbieder van die DS program wat nou ook op Afrikaans.Radio beskikbaar is.  Luister saam oor hoekom ons verwys na Dirk as ‘n baanbreker in Afrikaanse podsendings.  Ons gesels oor die rand en die stand van Suid-Afrika in die makro ekonomie, moontlike sanksies van Amerika en wat lê voor vir die DS Program in 2023. Lees meer hier!

KLETS – 5 Junie 2023.

Die span KLETS die Maandag oor verlede week se nuus. Die minister van Elektrisiteit Dr. Ramokgopa het op ENCA gepryk in ‘n Michael Kors sweater gedurende ‘n onderhoud oor die stand van loadshedding en die planne wat beraam word om dit te bekamp.ᅠ Suid-Afrika dans hard na Putin se pype en probeer nou die BRICS Summit skuif na China of aanlyn.ᅠ Waar is die Loadshedding man wat die knoppies gedruk het? Lees meer hier!

KLETS – 2 Junie 2023.

Matthys gesels met Tanya Michelle die aanbieder van “Waar is die JOL?” op Afrikaans.Radio oor Jol. Wat beteken dit om ‘n jol te maak of een te hê? Ons het vir ‘n paar mense gevra vir voice notes oor wat is ‘n jol in hulle oë. Verder vertel Tanya wat die naweek in Suid-Afrika aan die gang is en waar kan jy jou jol gaan soek en Lizz Meiring vertel van haar produksie – Van die Rak af. Lees meer hier!

KLETS – 1 Junie 2023.

Matthys gesels met die avonturiersᅠ Werner en Cissy van The Traveling Tortoise wat onlangs al hul besittings verkoop het en die besluit geneem het om op twee motorfietse ‘n minimalistiese en nomadiese leefstyl te volg.ᅠLees meer hier!