Jou daaglikse KLETS oor alles wat saak maak!

KLETS | Julie 2023

Die “kletsers” is nie bang om ‘n bietjie omstrede te wees nie, en “beklets” alles van die grootste nuusgebeure en nuutste tendense wat ons wêreld vorm. Nie geskik vir sensitiewe ore!

Kom KLETS saam! 

KLETS – 31 Julie 2023.

Rommel rommel toil and trouble!

Dis Maandag en die span “be-klets” dei afgelope week se nuus. Die EFF is nou ‘n tiener, die parlement lê nog in rommel en bokke se RWC song laat ‘n mens braak!

Indien jy jou kar wil was vandag kan jy dit doen met ‘n oop gemoed en weet dat dit is van die goedkoopste in die wêreld. Lees meer hier!

KLETS – 28 Julie 2023.

Die Fashion Police! Dis Vrydag en Tanya Michelle is op KLETS en vertel vir ons Waar is die JOL? Maar meer belangrik join Henja Schaap Matthys vir ‘n “fashion intervention”! Van kaalvoet tot slaapklere, swart op troues en ander vrae van luisteraars.

Tanya vertel wat jy die naweek kan doen as jy in Gauteng of Limpopo bly en gelukkig het Henja en Matthys die een gewen!ᅠLees meer hier!

KLETS – 27 Julie 2023.

Is boksies nog nodig? Die span “be-klets” die storie van Mel Viljoen se Ma wat ‘n paar jaar gelede in ‘n staatshospitaal oorlede is nadat sy vasgebind was om te verhoed dat sy pype uitruk. Kon Mel haar maar nie in ‘n privaat hospitaal geplaas het nie?

Ons luister vinnig na raad van Tannie Lettie en Tante Meraai vir die man met die kortstondige probleem. Hoekom word kinders en meisies veral van kleins af vertel dat hul moet eendag ‘n “ma” wees om ‘n “vrou” te wees? Lees meer hier!

KLETS – 26 Julie 2023.

Die w↑reld is pienk! Die Barbie movie is uit en die hele w↑reld is nou in pienk getooi. Matthys vertel flou Barbie grappies en Colene s↑ daar is onstuimigheid oor hoe die Barbie film mans vertolk.

Meeste mense tussen die ouderdom 30 en 50 is bekommerd oor die toekoms en finansies volgens die Old Mutal verslag wat onlangs uit is. Lees meer hier!

KLETS – 25 Julie 2023.

Elke sport het sy besering en Bier. Die span KLETS vandag oor verskillende sportsoorte en watter bier die beste daarby pas.ᅠ Fikile s↑ die ANC weet nie hoe om opposisieparty nie, maar hul weet nie eens hoe om ‘n party te wees wat die.ᅠ

Matthys wil ‘n ou Porch← koop en Colene sal eerder haar geld spandeer om die gesigte van Paul Mashatile se bloulig-brigade op billboards te sien. Lees meer hier!

KLETS – 24 Julie 2023.

Putin en Politiek. Dis Maandag en Matthys KLETS saam Dr. Piet Croucamp oor van die grootste nuusgebeure die afgelope week. Piet gee sy opinie oor Rusland en hoekom Putin nie meer die Brix kongres sal bywoon nie. Hoe moet ons stem en wat is die toekoms van die DA se Moonshot Pack?ᅠLees meer hier!

KLETS – 21 Julie 2023.

Brain Freeze Vrydag! Dis koud en die span sukkel met woorde. Candice van die Wynlande ontstel vir Matthys en Tanya gaan doen shopping in haar slaapklere. Die JOL is aan die naweek in Pretoria en iets om na uit te sien in Augustus in die Kaap. Die eerste “Wat Nou?” oor bemarking en branding skop af met The Radius Solutions. Lees meer hier!

KLETS – 20 Julie 2023.

Die pyp, fase 16, Madiba en Brokeback Mountain.

JHB loop weer deur en die keer met ‘n pyp maar ons dit Madiba sou ges↑ het die is n “wide”. Putin kom nie meer SA toe vir die BRICS Summit nie en doen die glo as ‘n guns vir sy vriend. Die ruik so ‘n bietjie soos Brokeback Mountain. Lees meer hier!

KLETS – 19 Julie 2023.

Leilani het haar verkragter vergewe, vir haarself. Matthys gesels met Leilani Kuter na aanleiding van die onlangse vrylating van Alison Botha se verkragters. Leilani, self ‘n slagoffer van verkragting, het ‘n oop en eerlike gesprek oor haar siening van die parool aansoek. Sy draai nie doekies om oor wat sy van Theuns Kruger and Frans du Toit dink nie. Leilani maak dele van haar boek weer oop alhoewel sy nie weer die boek wil oopmaak nie. Sy deel hoe sy die pad geloop het en hoe sy vergewe het om heel te word. Lees meer hier!

KLETS – 18 Julie 2023.

67 vloekwoorde saam Casper de Vries. Dis Madiba dag en die span gaan 67 vloekwoorde met die hulp van Casper de Vries in die KLETS tuin plant vandag. Casper gesels oor Afrikaans, loadshedding en vertel van sy stilte die afgelope paar jaar as ook sy show by Cafe Barcelona op 21 Julie 2023. Elke keer wat jy luister en die episode deel gee jy die plantjies in ons tuin water! Lees meer hier!

KLETS – 17 Julie 2023.

Bonus holes en Wimbeldon. Dis Maandag die 17de Julie 2023 vir as jy dit nog nie geweet het nie. Soos gewoonlik “be-klets” die span die nuus van die naweek en verlede week. Carlos is die nuwe prins van die Wimbeldon gras veld. Wat sal Kate en William sê as een van hul kinders dalk transgender uitdraai? Mag transgender mense deelneem aan geleenthede waar jul wel ‘n genetiese voordeel het? As jy ‘n vrou is baie geluk jy het nou ‘n “bonus hole”! Lees meer hier!

KLETS – 14 Julie 2023.

Spys, wyn en Black Label! Tanya Michelle vertel bietjie meer oor haar boek wat binnekort uitkom en deel ook ‘n maklike pasta resep reg vir die naweek. Die span het gisteraand Neil Sandilands se show by Cafe Barcelona Gigs in Pretoria gaan kyk en die JOL was aan! Die wenners van die Fishpo Expo 2023 word ook bekend gemaak op “Waar is die Jol?”. Lees meer hier!

KLETS – 13 Julie 2023.

Chappie Oomblike. Dis Donderdag en daar is baie woorde oor Fikile, Redi, AARTO en ook ‘n paar chappie oomblikke. Lees meer hier!

KLETS – 12 Julie 2023.

Dis ‘n Trosfok! Loadshedding is terug maar gelukkig gee die USA vir ons $ 1,3 miljoen om navorsing te doen. JJ Tabane maak baie aanmerkings en opmerking maar soms moet ‘n mens die balk eers uit jou eie oog uithaal. Redi Tlhabi is in die moeilikheid op Twitter na haar plasing “I also have black friends”, is jy sarkasties of het jy regtig swart vriende? Die woord van die dag is “trosfok”!. Lees meer hier!

KLETS – 11 Julie 2023.

Die “Mandemie” van by die huis werk. Na die COVID-19 pandemie het min al werklik teruggekeer na normaal.  Veral in meeste werkende mense se lewe wat steeds van die huis af werk. Daar word beweer dat produktiwiteit onder die “work from home” beginsel afskaal so langer die tyd verloop.  Meeste mense voel ook geïsoleerd en sukkel om daaglikse take te verrig.  Ons gesels met Cerita Nagy van Confident Women in Business rakede die “Get it Done” projek wat hul vir hul lede uitgerol het om aanlyn saam te werk en so mekaar verantwoordelik hou van die take wat hul moet verrig. Lees meer hier!

KLETS – 10 Julie 2023.

Daai K-woord! Dis Maandag en die span “beklets” die nuus.  Die Sport Joernalis, Jody Hendricks, gesels oor sy rubriek wat Sondag in die Rapport verskyn het oor kwotas in Rugby.  Van die bokke ondersteuners takel mekaar op “Roftus” en die polisie hou die polisie dop. Lees meer hier!

KLETS – 7 Julie 2023.

McDonalds’s en Seks! Dis Vrydag en Tanya Michelle join die KLETS span met “Waar is die JOL?”. McDonald’s verkoop pakkette vir troues wat verseker baie goedkoper is as die wat jy moet betaal by ‘n trou venue. Antwoord die 3 maklike vrae en vind uit hoe jy jouself, ‘n pasmaat en seks sien of ervaar. Lees meer hier!

KLETS – 6 Julie 2023.

Alles is Blou! Die Blouligbrigade is steeds op almal se lippe. Nuwe inligting kom op die lappe maar weerspreek ook. Wat glo ‘n mens vandag? Is ons terug daar waar, as ek dit nie gesien het met my eie oë nie dan het dit nie gebeur nie? Zapiro beeld die voorval uit in die Daily Maverick vandag en dit slaan die spyker op die kop. Alison Botha se verkragters is uit op parool en die internet is unstable! Lees meer hier!

KLETS – 5 Julie 2023.

Die Blou-lig Brigade is terug in die nuus na die “alleged highway assault” soos die media berig. Chris Willemse KLETS saam die span oor die voorval en wat die doel is van die blou ligte. Verder gee Chris raad oor hoe om so ‘n situasie te hanteer indien jy dalk afgetrek word deur die polisie.ᅠ Wat se die wet vir beide jou en vir die beampte. Lees meer hier!

KLETS – 4 Julie 2023.

ChatGTP het vir ons ‘n Afrikaanse storie geskryf oor ‘n pikkewyn in ‘n paar sekondes. AI is deel van ons daaglikse handel en wandel. As jy jou slimfoon aansit, iets opsoek op Google, die verkeer of weer dophou op apps. Dit is wel iets wat baie mense steeds onrustig laat. ChatGTP is tans die AI vonds was binne 5 dae 1 miljoen subsribers gekry het en het in Junie 2023 ‘n 100 miljoen gebruikers reg oor die w↑reld. Lees meer hier!

KLETS – 3 Julie 2023.

Dis Maandag en die span KLETS oor die nuusgebeure die afgelope week. ‘n Jong seun in Kaapstad verloor sy lewe in die bed van sy maatjie se pa. Colene gesels met ‘n ma, Charlize Kahts, oor die insident en kry raad oor hoe ouers die uitslaap van kinders beter kan bestuur. Derek Watts hang sy baadjie op en Nadine en Derek pryk in die Huisgenoot. Derek se sielkundige deel ook haar weergawe van die afgelope paar weke. Lees meer hier!

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio