Jou daaglikse KLETS oor alles wat saak maak!

KLETS | Augustus 2023

Die “kletsers” is nie bang om ‘n bietjie omstrede te wees nie, en “beklets” alles van die grootste nuusgebeure en nuutste tendense wat ons wêreld vorm. Nie geskik vir sensitiewe ore!

Kom KLETS saam! 

KLETS – 31 Augustus 2023 |100 dae later!

KLETS is vandag 100 episodes oud en die span wag vir hul 10 karaat diamant of net ‘n bietjie wyn. 

Die maan was blou en die land is aan die brand. Ons beklets die nuwe Crocs mode en Oostenryk rol die merk van die dier uit!

Op nog ‘n 100! Stuur wyn en flou grappies. Lees meer hier!

KLETS – 30 Augustus 2023 |Kul jou hier en kul jou daar!

Die span KLETS saam met Gerda Strydom, die hoofbestuurder van Groep Forensies by Medscheme.

Ons vind uit oor die maatskaplike verantwoordelikheid en plig teenoor miljoene mediesefonds begunstigdes om gesondheidsorgeise te bekragtig en te verifieer. Lees meer hier!

KLETS – 29 Augustus 2023 | Jy is nie so donners smart nie!

Hou op om jou “wage te act” jy is nie so donners smart soos wat jy dink jy is nie, OK!
 
Nestle steel ons Nesquik en joy. Die wurms neem ons breine oor en jou derm bakterieë is baas! Lees meer hier!

KLETS – 28 Augustus 2023 | Draai die Briek aan!

Briek vir briek kom ons nader aan die waarheid en kan ons die ding asseblief briek! Die bokke maak skoonskip en verf London groen.

Die wêreldleier ouetehuis smag steeds na mag. Hoeveel EFF lede vat dit om ‘n gloeilamp te vervang? Putin betreur Prigozhin of doen hy werklik? Lees meer hier!

KLETS – 25 Augustus 2023 | Bring die Koffie!

Dis Vrydag! Colene en Matthys gesels met Cilliers en Wessels van Echt Koffie oor koffie en alles wat daarin moet en nie moet gaan nie.

Tanya Michelle vertel waar is die jol hier in Suid-Afrika. Lees meer hier!

KLETS – 24 Augustus 2023 | Green Gold vir Generators. 

BRICS is vol aan die gang en meeste vermoed dit is ‘n “halfgebakte” steen.Cyril het wel ‘n nuwe van gekry naamlik “Ramafosa” en China stuur generators. Binnekort gaan Suid-Afrika Avo’s uitvoer na China.

Kgosientsho Ramokgopa het glo skaam gekry voor die Chinese en sê “hulle werk mos baie vinniger” as wat ons in Suid-Afrika werk. Lees meer hier!

KLETS – 23 Augustus 2023 | Wat kyk jy?

Die span gesels saam met die TV kenner en joernalis Lucia Poolman oor wat om te kyk op TV en stroomdienste.

Lucia vertel wat is haar top 5 TV programme wat jy MOET kyk. Ons verlang terug na Dawie die Kabouter en Ballade vir ‘n Enkeling.

Lucia deel ook tips en toepassings om te gebruik om jou geld en tyd te spaar terwyl jy TV kyk. Lees meer hier!

KLETS – 22 Augustus 2023

Sandton het nou ‘n China town. Blykbaar het jy ‘n penis nodig om skaak te speel. Jaco Swart is banger vir die Boere as vir die NVO. Ons skuld baie geld maar gelukkig is daar China.

Die nuutste “moet hê” sonpaneel lyk soos meeste mense se selfoon skerms. Lees meer hier!

KLETS – 21 Augustus 2023

Haai Cyril! Cyril het groot woorde maar stel soos gewoonlik teleur. Ons bedank BRICS vir die moontlike verligting in loadsedding die week maar kom ons kyk wat met die steenfabriek gaan gebeur.

Matthys is ‘n nuwe tipe alkoholis en Colene is Florence Nightingale. Nie eers die Withaaie wil meer in Suid-Afrika bly nie. Lees meer hier!

KLETS – 17 Augustus 2023

Is die VF+ ons Gandolf? Die span KLETS oor die Veelpartypakt wat tans in samesprekings is vir die 2024 verkiesing. Dr. Corn← Mulder is dalk die mees volwasse persoon in die kamer by die gesprekke.ᅠ

Die EFF en ANC wil ons skool maar sonder beheerliggame, want hulle is mos slim. Wie rook die meeste in jou Familie? Die mans of vrouens? Die eiland Nauru het die vetste mense en ook die meeste rokers. Lees meer hier!

KLETS – 16 Augustus 2023

Skrop jou voete en die swembad! Sies man! Die somer is hier en mense se voete in plakkies lyk aardig! Skrop die goed vir ‘n slag sodat jy nie die kinders bangmaak in die winkels nie.

Geweld is aan die oorhand van die dag. Ons beveilig onsself op elke manier maar ons los nie die probleem van geweld op vir goor meerderheid Suid-Afrikaners nie.ᅠ Lees meer hier!

KLETS – 15 Augustus 2023

Daars ‘n nuwe “Rona”. Tel jou foon op Discovery! Die span KLETS van dag oor Call Centers, Medical Aid en die kostes van ‘n Big Mac.

Daar is ‘n nuwe koronavirusvariant in SA aangemeld en soos die storie loop is dit meer aansteeklik en baie meer gevaarlik vir mense bo die ouderdom van 65. Maar as jy die entstof gehad het is jy glo ok. Lees meer hier!

KLETS – 15 Augustus 2023

Daars ‘n nuwe “Rona”. Tel jou foon op Discovery! Die span KLETS van dag oor Call Centers, Medical Aid en die kostes van ‘n Big Mac.

Daar is ‘n nuwe koronavirusvariant in SA aangemeld en soos die storie loop is dit meer aansteeklik en baie meer gevaarlik vir mense bo die ouderdom van 65. Maar as jy die entstof gehad het is jy glo ok. Lees meer hier!

KLETS – 14 Augustus 2023

Die Tronk is vol! In KLETS gesels Matthys met Adv. Glyniss Breytenbach en Dr. Piet Croucamp oor Zuma se vrylating verlede Vrydag. Wat was die redes? Waaroor moet ons nou nog bekommerd wees in ons demokrasie en wat kan die ANC nog uit die mou laat glip voor die 2024 verkiesing. Lees meer hier!

KLETS – 11 Augustus 2023.

Wat s↑ die Tannies? Colene en Matthys KLETS saam met Tannie Lettie en Tante Meraai van die gewilde Wat s↑ die Tannies op Afrikaans.Radio.

Die Tannies gee raad oor hoe om vrou te wees en ook darem vir die manne ook so ‘n bietjie stof ter nadenke. Ons hoor wat dink hulle van die stand van sake in Suid-Afrika en wat gedoen moet word om dinge weer in lyn te kry. Lees meer hier!

KLETS – 10 Augustus 2023.

Los uit die boks onder die bed! Die span KLETS vandag oor vrouedag en hoe Cyril weer geskok en verward is oor wat aangaan in Suid-Afrika. Melissa kry ‘n boks onder haar ma se bed met speelgoed en vat die een bietjie ver. 

Die Kaap lyk steeds soos ‘n oorlog en almal is verwonderd oor waar hul nou gaan Woolies koop. Lees meer hier!

KLETS – 8 Augustus 2023.

Hoekom is Mans so? Die Kaap word steeds geteister deur die verlammende Taxi strike maar meer ontstellend is hoe die strike mense en veral kinders benadeel.  Is mans en manlikheid dalk die groot probleem wat ons het in ons land?

Mej. Suid-Afrika kry ‘n nuwe kroon en ‘n vrou van 35 melk elke dag 6 liter borsmelk en skenk dit waar nodig.  Jy kan iets van Freddie Mercury koop binnekort op ‘n veiling.  Lees meer hier!

KLETS – 7 Augustus 2023.

Julius het dalk Listerine nodig! Dis Maandag en die span KLETS oor die nuus die afgelope week. Waar is Cyril? Julius is nou ‘n celebrity en die Kaap kom tot stilstand. Die Springbokke lyk soos Listerine bottels en Fintech in Suid-Afrika maak opspraak internasionaal. Lees meer hier!

KLETS – 4 Augustus 2023.

Dié grande madame Langebaan! Dis Vrydag en die span KLETS met Isabella Niehaus. Sy skryf twee kookboeke wat beide ‘n Gourmand World Cookbook toekenning ontvang het. Die eerste boek “Duinhuis” vir Best entertainment boek en meer onlangs “Daar’s ‘n vegan op my verandah” saam haar skryf vennoot Louis Janse van Vuuren, of eerder soos Bella na hom verwys haar tweeling siel, vir die beste vegan kookboek in die wêreld!  Lees meer hier!

KLETS – 3 Augustus 2023.

18 Maande? Ons het ‘n Tannie nodig!. Die span KLETs vandag oor ‘n paar dinge wat die week in die nuus gebeur het. Elon het vir Cyril gevra wat hy gaan doen oor Malema en Malema vermoed dat Elon moet eerder hom by sy X’e hou.

Alles in Suid-Afrika neem tans 18 Maande en die vroue op die sportveld kraai koning! Kan ons asb ‘n Tannie kry om Suid-Afrika te fix! Lees meer hier!

KLETS – 2 Augustus 2023.

Die “Magic” van Mushrooms. Die span gesels met Gerhard Pretorius van Kuja Wellness oor die “magic” van medicinal mushrooms. Waar dit vandaan kom, die mediese navorsing omtrent die gebruik van mushrooms en hoe om te besluit wat is die beste mushroom vir jou om te neem. Lees meer hier!

KLETS – 1 Augustus 2023.

Die Ekonomie van Graan. Die span KLETS saam met Heleen Viljoen, ‘n ekonoom verbonde aan GraanSA oor die moontlike styging van graan pryse in Suid-Afrika.

Helene verduidelik wat al die moontlike redes vir ‘n styging kan wees asook waar Suid-Afrika tans staan met die produksie van graan produkte. Lees meer hier!

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio