Jou daaglikse KLETS oor alles wat saak maak!

KLETS | April 2023

Ons “kletsers” is nie bang om ‘n bietjie omstrede te wees nie, en “beklets” alles van die grootste nuusgebeure en nuutste tendense wat ons wêreld vorm.

Kom KLETS saam! 

KLETS – 28 April 2023.

Suid-Afrika het ‘n hele gross innovasies en uitvindings waarop ons moet trots wees. Maar meer moet ons trots wee op die feit dat ons as Afrikaners voldhard in alles wat ons doen en aanpak. Ons “beklets” die uitvindings van Suid-Afrika en raak aan die hartsnaar van die Carike Keuzenkamp liedjie – Dis ‘n Land. Lees meer hier!

KLETS – 26 April 2023.

Die Oranje Blanje Blou was onlangs weer in die nuus. Waar kom die ou Suid-Afrikaanse vlag vandaan en hoekom staan dit bekends as die Apartheidsvlag? Ons gesels met Johan Wolfaardt ‘n Museumkundige by Potchefstroom Museum en Voorsitter van Heritage Potchefstroom Erfenis. Lees meer hier!

KLETS – 25 April 2023.

Ons “beklets” die nuwe katte op Kyknet. Wie is die vrouens van Die Real Housewives van die Wynlande. Waar kom hul vandaan en wie gaan die meeste moeilikheid maak? Lees meer hier!

KLETS – 24 April 2023.

Dis Maandag en ons “beklets” verlede week se nuusgebeure in en om Suid-Afrika. Dr Blade Nzimande se ego, Kgosientsho Ramokgopa’s se job description en SA se vuil hande. Ons deel ook ons eerste houtlepel uit vir die week. Lees meer hier!

KLETS – 21 April 2023.

‘n Onlangse studie van Capitec se gebruikers data dui aan dat Suid-Afrikaaners word armer by die dag. Ons spandeer gemiddeld 8% meer op kruideniersware en 16% meer op brandstof. Leef ons almal op skuld om deur die maand te kom? In klets gesels ons oor die stand van persoonlike finansies en kry raad by Neil van der Walt, die bemarkingsbestuurder van DebtSafe. Lees meer hier!

KLETS – 20 April 2023.

Almal het hul gunsteling drankie. Maar wat se daai drankie van jou persoonlikheid. Volgens Greg, ‘n kroegman in London, kan jou gekose “gif” baie van jou persoonlikheid en omstandighede sê. Ons hoor ook wat is die beskendste drankies in Suid-Afrika. Lees meer hier!

KLETS – 19 April 2023.

Is werk van die huis af nog ‘n goeie opsie vir waar ons as Suid-Afrika is vandag of steek mense wat by die huis werk nie maar net lyf weg nie? Lees meer hier!

KLETS – 18 April 2023.

Van Warmbad tot Wimbledon. Ons gesels met Etienne Pretorius oor die groot keuse wat hy en sy man gemaak het om te immigreer van Suid-Afrika na die Verenigde Koninkryk. Hul noem huis nou “Wimble-fontein”. Wat was die redes hoekom hulle verhuis en het wat mis hul die meeste van Suid-Afrika. Lees meer hier!

KLETS – 17 April 2023.

Elke Maandag “beklets” die span die vorige week se nuus gebeure. Die wees is dit die Thabo Bester Sepie, die “Gold Mafia” en wie verlang na boerewors? Ons gee ook die eerste Klitser van die week toekenning. mense wat bereid is om die werk te doen nie? Lees meer hier!

KLETS – 14 April 2023.

Graad vang is nie altyd raak vang nie. Wat is die eintlike rede hoekom Colene in Pretoria kom kuier het? Elke jan rap en sy maat het ‘n MBA. Is daar nog waarde in ‘n MBA? Maak ‘n graad my suksesvol en is daar nie te veel “slim” mense en te min mense wat bereid is om die werk te doen nie? Lees meer hier!

KLETS – 13 April 2023.

Wie bly in die strate van Pretoria? Moet Suid-Afrika betaal vir immigrante om na hul gekose nuwe huis te vertrek of moet ons bereid wees om die inwoners op sypaadjies te aanvaar? Moet ons bly of moet ons ry? Die span gesels binnekort met vriende en kennise wat die stap geneem het om oor die waters ‘n nuwe tuiste te maak. Wat mis hulle en wat was hul beweeg rede om te vertrek? Lees meer hier!

KLETS – 12 April 2023.

Om te Uber of om nie te Uber nie? Is dit vandag nog veilig om in ‘n Uber te klim of waag jy jou lewe? Die span “beklets” hul ondervindinge in Ubers en ook waarna moet jy uitkyk voor jy in ‘n vreemde persoon se voertuig klim. Lees meer hier!

KLETS – 11 April 2023.

Is ons almal behep met seks? Kry ons genoeg of te veel? Hoe lank hou seks? Wat is jou raad vir “anoniem” se plasing op ‘n Seks Facebook Blad. Kom gesels saam en stuur vir ons ‘n e-pos na klets@afrikaans.radio met jou “KLETS” idees. Lees meer hier!

KLETS – 6 April 2023.

Om te eet of nie te eet nie? Die prys van kos styg maand tot maand. Dit wat jy vandag koop in die winkels is tot 30% duurder as wat dit ‘n paar maande gelede was. By watter supermark kry jy die beste “deal”? Lees meer hier!

KLETS – 5 April 2023.

Wat is geluk? Hoe voel dit? Wat maak jou gelukkig? En wat is die gelukkigste lande in die wereld en hoekom? Lees meer hier!

KLETS – 4 April 2023.

Die span “beklets” die nuwe Burgermeester van Tshwane se taak, wie die rykste mense in Suid-Afrika is en moet Thabo Mbeki eerder net in die son sit. Lees meer hier!