09 Februarie 2024

KLETS – 9 Februarie 2024 | SONA 2024

In die spesiale uitsending van Klets gesels ons met Dr. Piet Croucamp, ‘n politieke analis en senior dosent aan die NWU se besigheidsskool, oor gisteraand se staatsrede. Ons vreeslose President Squirrel het baie “recovery” planne voorgehou en het gewys dat waar sy intellek kort skiet, sy verbeeldingskrag verseker nie agterbly nie!

Piet werp vir ons lig op die president se optrede. Hy deel waardevolle insigte oor die stand van die ANC, die militêre intriges van KZN, en wat die president nie gesê het nie. Verder gesels ons oor die Republiek van Kaapstad, moontlike toekomstige president en parlementslede wat binnekort wat binnekort die brood wat hulle nou bak self gaan moet eet.

Ons sluit af met ‘n ernstige besinning oor die toekoms van Suid-Afrikaanse kinders.

Tuis | Podsendings | KLETS | 9 Feb 2024 – SONA 2024

Deel hier: