26 Junie 2024

KLETS – 26 Junie 2024 | Hou vas julle guavas, Meisies!

Sport hou ons Suid-Afrikaners aan die gang. Die Bokke blink steeds. Pretoria is wel bietjie minder blou, of dalk meer.

Kan iemand die GNU aanjaag… “Afrika-tyd” het ook sy preke. Terwyl Tannie Helen en Oom Cupcake die GNU roei, gooi Julias sy spane die hele X vol. Ian Cameron het ’n nuwe target op sy rug, asof die arme man nie genoeg koeëls op ’n daaglikse basis moet dodge nie.

Op ’n ligter noot, KLETS ons heerlik met Guinness Wêreldrekordhouer, Billy Cowley, ook bekend as die Marmite man. Die all-round lekker ou deel sy entoesiasme vir die lewe. Billy se lus vir uitdagings is nog lank nie stil nie, en hy wil die res van Suid-Afrika saamneem op sy rekordbrekende avonture.

Die “Massa Kriminele”, ook bekend as die MK, is ingesweer op hulle eie glansgeleentheid saam met hulle eie second-rate celeb-maats.

Die wêreldbekende reeks Bridgerton se onlangse reeks sluit af met ’n cameo verskyning deur ’n beeldskone Suid-Afrikaanse aktrise. En die skinder loop dat die volgende reeks haar en ’n paar warm guavas insluit.

Tuis | Podsendings | KLETS | 26 Junie 2024 – Hou vas julle guavas, Meisies!

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio