18 September 2024

KLETS – 18 September 2024 | Dieremaniere, Boere en Treine

In hierdie KLETS episode het Colene en Matthys ’n lekker gesprek met niemand anders nie as Dr. Roy Page, veearts by Menlyn Vet Practice in Pretoria. Hulle klets oor alles van dieremaniere tot troeteldiergesondheid. Dr. Page deel sy kennis oor voeding, algemene sorg, en hoe om jou troeteldier gelukkig en gesond te hou. Of jy nou ’n kat of hond het, Dr. Page se insigte is vir jou!

Maar dit is nie al nie! Colene deel ook ’n verrassende lys van die top 10 treine in die wêreld, en raai wat? Suid-Afrika het twee op daardie lys! Rovos Rail en The Blue Train staan hoog op die wêreld se radar. As jy hou van treinreise, is hierdie ’n gesprek wat jou lus sal maak om te pak en te reis.

Ons KLETS oor hoe die Boere mekaar moer en gekke storie van hoe ‘ veearts, met niks meer as sy kaal hande, ’n buffel tem. 

Ons KLETS ook oor ’n ernstige onderwerp wat die land aan die gons het: die onlangse dood van Pravin Gordhan. Dit het groot reaksie op sosiale media ontlok en veroorsaak dat mense hul menings oor sy rol in Suid-Afrika se politiek begin deel het. Sommige mense sien hom as iemand wat probeer het om die land se ekonomie te red, terwyl ander meen hy was betrokke by meer kontroversie. Maar, you’re only as good as your last performance!

Kontak Dr. Roy Page van Menlyn Vet Practice:

E-pos: [email protected]

Telefoon: +27 (0)12 460 5252

Webwerf: https://menlyn.vet

Tuis | Podsendings | KLETS | 18 September 2024 – Dieremaniere, Boere en Treine

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio