10 Julie 2024

KLETS – 10 Julie 2024 | Huismark Tips en Durban July Glitz

Dis 9:00 op ’n koue winters Woensdag, en ons het wyn! ‘n Spesiale dankie aan Rihann vir die heerlike bederf van besondere wyne van die plaas Rainbow’s End

In vandag se episode gesels ons met Quentin Goldschagg van QG Realty in Gauteng oor die nuutste verwikkelinge in die huis mark. Ons dek die moets en moenies van huiskoop en -verkoop, en bespreek of jy uie moet braai of brood moet bak voor potensiële kopers kom kyk na jou huis.

Juju maak ’n stylvolle verskyning by die Durban July met ’n pak en duur skoene, terwyl Gayton op ’n missie is en selfs vir Mama Joy wegjaag. Die Iere is nie te bly nie nadat die Springbokke hulle ’n les geleer het op die rugbyveld, en nou het hulle besluit ons het visas nodig om vir hulle te gaan kuier.

Colene neem ons op ’n verbeeldingsreis deur onbekende dorpies waar jy hierdie Desember kan gaan vakansie hou.

Bly warm en bederf jouself met ‘n Rainbow’s End rooi!

Tuis | Podsendings | KLETS | 10 Julie 2024 – Huismark Tips en Durban July Glitz

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio