Hier KLETS ons elke Woensdag oor alles wat saak maak!

KLETS

Die “kletsers” is nie bang om ‘n bietjie omstrede te wees nie, en “beklets” alles van die grootste nuusgebeure en nuutste tendense wat ons wêreld vorm. Nie geskik vir sensitiewe ore!

Kom KLETS saam! 

KLETS – 4 September 2024 | Dis Heerlike Lente: Carin van Heerden gee raad oor Trends en Kleure

Colene en Matthys gesels met Carin van Heerden van Carne Interiors oor die nuutste lentetrends vir 2025 en hoe om jou huis op te kikker met haar gunsteling Dulux kleure. Ons vier ook die Bokke se oorwinning teen Nieu-Seeland, praat oor Zuma se dogter se verlowing aan koning Mswati III, en deel die grusame verhaal van ’n Olimpiër se stryd ná ernstige brandwonde. Lees meer hier!

KLETS – 28 Augustus 2024 | Boerboel Broekies en Toiletpapier Waarhede

John Steenhuisen stel vir Roman Cabanac aan as sy Chief of Staff by die Departement van Landbou, en ons wonder saam hoe hy in ’n Boerboel broekie gaan lyk. 26ste Augustus was Toiletpapierdag en ons kom uiteindelik by die finale antwoord oor hoe jy die toiletpapierrol reg opsit en ten slotte, kondig ons die wenner aan van die Memoirse van jou moeder boek deur Anné Pretorius. Lees meer hier!

KLETS – 21 Augustus 2024 | Israel se Bloed, Anné se Boek, en ’n Bruilof se Bloutjie

In dié episode KLETS ons lekker met Anné Pretorius oor haar nuwe boek, Memoires van jou moeder. Ons vier die afgelope naweek se groot oorwinnings in Perth-fontein en smeek Sophia vir Dolce & Gabbana parfuum.  Lees meer hier!

KLETS – 14 Augustus 2024 | Olifante, Olimpiese helde en ’n bietjie Breakdance

n hierdie KLETS-episode gesels Colene en Matthys met Adine Roode, die brains agter HERD (Hoedspruit Elephant Rehabilitation and Development).

National eenheid is aan die oorhand van die dag maar as die DA net kan ophou om soos ’n arrogante kind op te tree. Ons Olimpiese helde is terug, en blink met ses medaljes om hul nekke. Tyd om bietjie trots te wees en dalk ’n les of twee by hulle te leer.  Lees meer hier!

KLETS – 7 Augustus 2024 | Die “Friendly Satanis” en Franse Baguettes

In hierdie episode het ons ’n fassinerende gesprek met Tristán Kapp, of beter bekend as die Friendly Satanists, wat die lig werp op wat jy dalk nog altyd vermoed het oor die onderwêreld.  En, moenie dat jou penis jou drome verwoes nie – strap that thing in! Lees meer hier!

KLETS – 31 Julie 2024 | Kilimanjaro, Karoo Vere, en Kontroversie

Ons KLETS oor die opening van die Olimpiese Spele in Paris 2024. Lady Gaga se piek Karoo Vere was Suid-Afrika se eerste pronk! Matthys het met Marlien Cronje en Michelle van Biljon van Dynamic Women for Children gesels oor hul opwindende projek, Climb 2 Care. Lees meer hier!

KLETS – 24 Julie 2024 | Regte Nuus en Groen Speletjies in Parys

Dis tyd vir nog ‘n KLETS en hierdie keer met “regte nuus”! In hierdie episode het ons die joernalis, Izak du Plessis van Nuuspod, by ons.

Izak KLETS saam oor die Regering van Nationale Eenheid en President Cyril Ramaphosa se toespraak tydens die opening van die parlement. Lees meer hier!

KLETS – 17 Julie 2024 | Olimpiese Karen en Trump se Drama

Hierdie week op KLETS neem Colene ons op ’n onvergeetlike reis met die term “raw dogging.” En nee, dit het niks met kondome te doen nie!

Die Olimpiese Spele begin op 26 Julie 2024, en ons het baie te sê oor die nuwe logo wat onrusbarend baie soos ’n Karen lyk. Het iemand dalk inspirasie gekry van hul buurvrou? Lees meer hier!

KLETS – 10 Julie 2024 | Huismark Tips en Durban July Glitz

Dis 9:00 op ’n koue winters Woensdag, en ons het wyn! ‘n Spesiale dankie aan Rihann vir die heerlike bederf van besondere wyne van die plaas Rainbow’s End

In vandag se episode gesels ons met Quentin Goldschagg van QG Realty… Lees meer hier!

KLETS – 3 Julie 2024 | Politieke Sepie Sonder Colene: Matthys en Piet Croukamp Praat RNE

In vandag se episode van KLETS vlieg Matthys solo. En nee, dit is nie omdat hy oor politiek wil praat en Colene gatvol is vir die politieke sepie nie.

Prof Piet Croukamp, verbonde aan die Noordwes-Universiteit en ’n kenner op die gebied van politieke wetenskap, sluit by ons aan om sy insigte te deel oor die Regering van Nationale Eenheid (RNE). Lees meer hier!

KLETS – 26 Junie 2024 | Hou vas julle guavas, Meisies!

Sport hou ons Suid-Afrikaners aan die gang. Kan iemand die GNU aanjaag… “Afrika-tyd” het ook sy preke.  Op ’n ligter noot, KLETS ons heerlik met Guinness Wêreldrekordhouer, Billy Cowley, ook bekend as die Marmite man. Lees meer hier!

KLETS – 19 Junie 2024 | NGU, ’n Cupcake en ‘n Rooi Puss in Boots

Die politieke sepie van die verkiesings kom tot ’n einde met ’n NGU en ’n “ou” cupcake wat opslae maak. Of is die nog net die begin van die volgende 5 jaar se Sirius? Na ’n lang wag, het Suid-Afrika uiteindelik sy eie “Puss in Boots,” trots getooi in rooi. Lees meer hier!

KLETS – 12 Junie 2024 | Hoop en chirurgie met ’n tikkie politiek

Die span is terug soos oudergewoonte op ’n Woensdag met nog ’n KLETS. In vandag se episode gesels Colene en Matthys met Dr. Tertius Venter, ’n plastiese chirurg wat sy lewe daaraan wy om mense in nood te help.

Verder mag Matthys nie oor die verkiesing praat nie, maar Colene het darem ingestem om ’n paar minute daaroor te gesels. Die span lees ook e-posse van luisteraars voor… Lees meer hier!

KLETS – 5 Junie 2024 | Sterre, Stemme en Solar Panele: ’n Kosmiese Komedie

Dis ʼn land van kleure en klank, dis ʼn land van oorvloed en dank … maar is dit nog ’n land waar almal nog strewe?

Die bevolking het hulle kruisies getrek… wel, sommige van hulle. Ons gesels met vername astroloog Catherine Laurent oor wat sy en die sterre en planete sien rondom koalisies, internasionale kwessies, beleggings en selfs loadshedding. Lees meer hier!

Van Die Bekende Stemme op KLETS

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio