Dr. Danie Langner - Voortrekkermonument

Dirk Scheepers gesels met Dr. Danie Langner oor die Voortrekkermonument (VTM), sy visie vir die toekoms en hoe dit gaan met die omdraai-strategie.

Die Voortrekkermonument is meer as net ’n erfenisbewaringsterrein. Dit is Afrikaners se kultuurtuiste waar almal welkom is. Dit is ’n baken van hoop wat jy uit enige rigting van Pretoria kan sien.

Die Voortrekkermonument bied ’n geleentheid vir die publiek om meer te leer oor die Afrikaner se storie, van die Groot Trek tot by die Anglo-Boereoorlog en meer. Die monument vertel ’n storie van heldemoed, deursettingsvermoë en ’n toekomsvisie sodat ons vandag kan wees waar ons is.

Behalwe vir die geskiedenis, is die Voortrekkermonument ook ’n plek van ontspanning. Dit is die ideale plek om – in Afrikaans – te kom piekniek hou, stap, koffie drink en aan avontuuraktiwiteite deel te neem. Die Voortrekkermonument verwelkom gesinne, vriende en groepe om ’n uitstappie op die monument se terrein te geniet.

Die Voortrekkermonument is jou plek, jou mense, jou erfenis, jou toekoms, jou tuiste.

Tuis | Podsendings | KLETS | Finansiële geletterdheid, Jay en Trevor se twis en Chris van Heerden

Deel hier:

n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio