As jy hoor die naam is Marnus Kruger, is dit een van daai oomblikke waar jy eintlik wil sê: “Nee! Dis Pottie!”
Rikus de Beer en Pottie chat oor Chat Bietjie Ball, oor koshuis, Oom Jan Spies en “No Rules polo necks vanuit die 90’s.
Op ‘n Ernstige Noot: What a Champ!

Ontmoet vir Pottie:
The man with many faces. Pottie is ‘n pel van Rikus de Beer, en wat is nou lekkerder om lekker goed te doen, saam met lekker mense, onder die vaandel van “werk”?
Chat ‘n Bietjie Ball se gewildheid het almal verras, vir Rikus die meeste van almal en die gesprek met Pottie is die bewys daarvan dat ‘n mens minder moet wonder of jy iets moet doen… Gaan eerder oor tot aksie, doen dit en kyk wat gebeur, want die teendeel is ‘n wêreld sonder great herinneringe en minder lag.