Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
14 Februarie 2024

Solomon Cupido

Oor die reeks

Bouwer Bosch neem jou op ’n reis deur narratiewe, geloof, idees, en die uitdagings van die menswees. Hierdie oophartige gesprekke is deurdrenk van insig, kreatiwiteit, en die soeke na betekenis.

Bouwer Bosch is nie net ’n musikant en storieverteller nie, maar ook ’n stem vir deernis en kreatiwiteit. Sy unieke aanslag en vermoë om diep gesprekke te voer, maak Narratief ’n moet-luister vir enigeen wat geïnspireer wil word.

Solomon Cupido is een van ons land se juwele. Al kon hy ‘n loopbaan as ‘n professionele rugby speler gevolg het, het sy drome van stories vertel hom gelei tot ‘n loopbaan in die teater, film en TV industrie.

Ons gesels bietjie oor sy eerste rol in Egoli, sy liefde vir “feel good” stories en sy vriendskap met Bradley Olivier en hulle film Frankie en Felipe.
Solly gesels eerlik oor verlies, geestelike welstand en sy pad vorentoe. As kollegas van Solly weet ons hoe briljant hy as mens, as akteur en nou as vervaardiger is.
Frankie en Felipe is 23 Februarie in ‘n bioskoop naby jou.

Podsending
| Narratief met Bouwer Bosch | Solomon Cupido