Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
15 Mei 2024

“Mom Guilt” Is ‘n Lokval. Só Klim Jy Uit

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

“Mom Guilt” is orals.

Dis die stemmetjie in jou kop wat sê: “Ek werk te veel en skeep my kinders af.” Of dalk: “Ek gee nie genóég aandag by die werk nie.”

Dis: “Ek voel sleg omdat ek wens vir tyd sonder my kinders” en “Ek moet begin oefen” of “Ek moenie elke dag oefen nie, ek moet eerder by my kinders wees.”

Hierdie is ‘n episode wat die luisteraars van ’n Ma & ’n Mikrofoon self aangevra het, en dis duidelik ‘n kwelpunt.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | “Mom Guilt” Is ‘n Lokval. Só Klim Jy Uit