Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
25 April 2024

Van Deurmekaar na Agtermekaar

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Kinders en ‘n deurmekaar huis voel al soos een en dieselfde ding. Maar dit beteken nie jy hoef in totale chaos te leef nie.

Met die nodige beplanning, stelsels en spanwerk kán jy weer beheer kry oor jou huis.

In dié week se episode gee Nita Newton vir Daniëlla en ander ma’s raad oor hoe om (op ‘n begroting!) uit te sorteer, te organiseer en weer kalmte en vrede in jou eie spasie (en sommer ook jou gemoed) te vind.

Volg Nita op Instagram by @organisesa en Facebook by https://www.facebook.com/organisesa

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Van Deurmekaar na Agtermekaar