Wolke, Woorde, en Woke-ness
In vandag se KLETS worstel Matthys deur die mis van ‘n wyn-brein om sy woorde te vind, terwyl Colene gelukkig op die ball is met al die vars stories.
Is die toekoms van joernalistiek werklik so somber soos wat die Daily Maverick dit uitgemaak het op die 15de April 2024?” Die gesprek neem ‘n draai na die onvermydelike onderwerp van “Woke-ness,” wat, soos ‘n bad joke, nooit regtig weggaan nie.
Die weer in Margate is rebels en onvoorspelbaar, maar die Wimpy op die hoofstrand is blykbaar netso standvastig so Zuma op ‘n kieserslys.
Wat is die mees waardevolste handelsmerke in Suid-Afrika? Die antwoorde mag dalk verras!