Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
24 April 2024

Wat’s Nuus, Hoerkind?

Kom KLETS saam!

Stuur vir die KLETS span ‘n epos

Wat’s Nuus, Hoerkind?

In die nuutste episode van KLETS, het ons ‘n omvattende gesprek met die joernalis,  konsultant en afrigter, Camilla Bath, oor die evolusie van nuusdekking met die oog op die opkomende verkiesing.

Colene deel ook haar onlangse avonture by Woolies en wonder of ons dalk vir Markus Jooste by Woolworths gaan betrap terwyl hy avokado’s koop.

Virgin Active is nou oopkop oor wie hulle badkamers gebruik – man of vrou of dit wat dink hul is een van die twee, almal is welkom. En in die polisiekantore, ons praat oor die behoefte aan mooi “Cox”, maar dalk nie waar jy dit sou verwag nie maar Louis Liebenberg sal jou vertel waar kry jy die “hoerkinders” van Suid-Afrika.

Vir diegene wat belangstel om hul media-vaardighede te slyp, besoek gerus Camilla Bath se webwerf, www.camillabath.com of stuur ‘n e-pos na [email protected] vir meer inligting oor haar media-opleidingsprogramme.

Camilla Bath gesels oor nuus in KLETS op Afrikaans.Radio

Podsending
| KLETS | Wat’s Nuus, Hoerkind?