In hierdie week se KLETS-episode gesels Matthys met Jaco Kleynhans, Hoof van Internasionale Skakeling by Solidariteit, oor die voortdurende konflik tussen Israel en Palestina wat al meer as ’n jaar aanhou. Jaco verduidelik die verskuiwings in die geopolitieke landskap en ontleed wie tans die oorhand in die streek het. Hulle bespreek ook die invloed van hierdie konflik op Suid-Afrika, insluitend ons land se diplomatieke posisie en die moontlike langtermyn-implikasies.
Verder klets ons oor Pretoria se Jakarandas wat in volle bloei is, en ons bespreek die kontroversie rondom Jacob Zuma se dogter, wat Apartheid blameer vir haar onvermoë om Zulu te praat. Hierdie episode bied ’n unieke kombinasie van internasionale en plaaslike kwessies, wat luisteraars sal inspireer om die wêreld en hul eie omgewing vanuit nuwe hoeke te beskou.