Val-in-die-tuin Dag
Laat ons jou lei deur die tuin van liefde op hierdie spesiale dag van Val-in-die-tuin!
As jy nog nie jou dag beplan het nie, sit terug en luister na Dr. Eugene Viljoen, ‘n vooraanstaande kliniese sielkundige en seksuoloog, wat sy insigte deel oor die lekkernye en uitdagings binne verhoudings en tussen die lakens.
Ons gesels ook met Sidney Gilroy oor die nuwe potgooi #BOEKPOD wat nou op Afrikaans.Radio beskikbaar is.
Ons deel in die komiese avonture van Juju en sy party lede terwyl hulle worstel om hul snot te hou, en Colene probeer om minder te vloek terwyl sy die mag van liefde en vriendelikheid omarm. Mag Cupido se pyl almal se harte tref, behalwe die ANC se harte. #VoetsekANC
“Kom” in kontak met Dr. Eugene Viljoen hier