In hierdie week se KLETS-episode be-klets Colene en Matthys die week se chaos, satire en pure werklikheid met rizz en ’n ekstra sterk battery pack (want ja, loadshedding is terug).
Charlize Theron het dit jare terug gesê: daar’s net 44 Afrikaanse mense oor in die land. En nou, ironies genoeg, het die 44 en hul 5 vriende toe hul pad na die VSA gevind. In daai gees het Cyril Ramaphosa besluit om ná 20 jaar die “ander Afrikaner” te gaan besoek – by Nampo, nogal. Is dit ‘n opregte poging tot verbinding, of net nog ’n slim PR oomblik?
Maar wag, Cyril het nou ook besluit om vir Donald Trump te gaan hallo sê in die Withuis, om die “ware verhaal van Suid-Afrika” te vertel – of dalk net die ANC se weergawe daarvan. Trump klink glad nie opgewonde nie, en wonder hardop of Cupcake ooit die GPS reg gaan stel… want kom nou, die man kry nie eens sy iPad nie.,
En van tassies pak gepraat – volgens ’n nuwe meningspeiling is daar ’n duidelike lys van lande waarheen mense wil gaan. Maar wie’s boaan? En waar lê Suid-Afrika?
Dan ontplof daar ‘n storie reg uit ’n Netflix-reeks: die sogenaamde “Gay Cocaine Brotherhood” word dalk in Europa ontbloot.
Verder maak ’n nuwe pous sy verskyning, en volgens sy boetie het hulle as kinders nie “dokter-dokter” gespeel nie, maar “pous-pous”. Jy kan dit nie opmaak nie.
Colene gee vir ons ’n inleiding tot Gen Z-woordeskat, van “rizz” tot “sigma” – alles wat jy nodig het om hip te klink voor jy nog jou tee klaar gemaak het.
As jy op soek is na opinies, satire en “bussin” insigte, is hierdie KLETS vir jou. Want in Suid-Afrika is die lyn tussen grap en werklikheid fyn… of glad nie daar nie.