Sophia sê haar sê
In KLETS vandag gesels Matthys met die Animal Healer en Communicator Hettie Richter oor hoe sy met diere gesels en hulle help om hul behoeftes en gedrag te verstaan.
Hettie gebruik haar intuïsie om die boodskappe te interpreteer wat die diere oordra deur hul liggaamstaal, vokalisasies, en energiepatrone. Deur genesing en kommunikasie help Hettie om die lewenskwaliteit van diere te verbeter en ‘n dieper verbinding tussen jou en jou dier te bevorder.
Sophia, ‘n ander deelnemer aan die gesprek, kry ook die kans om haar gedagtes te deel. Sy vertel Matthys presies wat sy van hom en ook van haarself dink en Colene se “hallo” uit die noorde.
Kontak Hettie hier, of bestel Hettie se boek Animal Whispers hier.
Volgende week is ons terug en dan hoor ons alles van die Noorderligte.